Vrou val twee verdiepings ver

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is ernstig beseer nadat sy Saterdagmiddag twee verdiepings ver uit ʼn gebou in Margate, KwaZulu-Natal, geval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:00 na die toneel in Marinerylaan ontbied. Die vrou het op die gras gelê waar sy geval het, agter ʼn elektriese heining. Een van die brandweerbeamptes het sy baadjie oor die elektriese heining gegooi sodat ʼn paramedikus kon oorklim,” het Botha gesê.

Die vrou is gestabiliseer voordat sy op ʼn spesiale draagbaar geplaas en terug opgehys is in die gebou. Sy is vandaar by trappe af gedra na onder, waar die ambulans gewag het.

Dit is nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Botha kon ook nie bevestig of die vrou ʼn inwoner of vakansieganger is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mira ·

Ek verstaan nou net nie so mooi nie. As sy alreeds buite op die gras gelê het….. hoekom haar dan weer ophys in die gebou in en haar weer trappe weer afdra?

Jan maak n plan ·

Mira daar is n elektriese heining en dis n bietjie moeilik met n draagbaar daaroor. Miskien kon die ouens dalk net die brade geknip het. Maar nou ja hulle weet wat hulle doen. Sterkte aan die vrou wat geval het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.