Vrou val van krans in Jhb, sterf

Die krans waar die vrou geval het. Foto: Netcare 911

Die krans waar die vrou geval het. Foto: Netcare 911

ʼn 21-jarige vrou is dood nadat sy van ʼn krans in Northcliff, Johannesburg geval het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die jong vrou het glo laat Saterdagmiddag die uitsig vanaf een van die koppies in Northcliff bewonder. “Die klippe onder haar het glo meegegee waarna sy sowat 20m ver geval het.”

Volgens Bodasing het ʼn omstander mond-tot-mond-asemhaling op die vrou toegepas met paramedici se aankoms op die toneel. “Paramedici het behandeling oorgeneem en vir sowat ʼn uur en ʼn half gespook om die vrou by te bring. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Bodasing het gesê die vrou is dood weens die verskeie beserings wat sy opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Dit is net te wonderlik om koppies uit te klim, en is ons net gelukkig dat ons lewe na al die uitstappies.
Jammer vir die Familie, sterkte..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.