Vrou van IVP-leier sterf ná lang siekte

Foto: ANA

Boodskappe van medelye het vandag ingestroom ná die dood van IVP-leier Mangosuthu Buthelezi se vrou.

Luidens ʼn verklaring van die koningshuis is die 89-jarige prinses Irene Audrey Thandekile Buthelezi vanoggend vreedsaam ná `ʼn lang siekbed dood by die egpaar se huis in KwaPhindangene in KwaZulu-Natal. Prinses Irene en Buthelezi was amper 67 jaar lank getroud. Die egpaar het drie kinders, Prins Ntuthukoyezwe Zuzifa, Prinses Phumzile Nokuphiwa en Prinses Sibuyiselwe Angela, sowel as verskeie kleinkinders.

“Die familie vra dat ons privaatheid in dié tyd gerespekteer word terwyl die nodige voorbereidings vir die begrafnis getref word. Die datum daarvoor sal later bekend gemaak word,” lui die verklaring.

Die familie het hulle vriende en ondersteuners bedank vir hulle gebede en boodskappe van medelye.

“Ons grootste troos is in die wete dat Prinses Irene Buthelezi deur haar Heer ontvang is. Deur Sy genade, rus sy in vrede.”

Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad en nou die leier van Good, was een van dié wat op Twitter haar medelye met die Buthelezi-familie betuig het.

Mangosuthu Buthelezi. Foto: GCIS

Die EFF het in ʼn verklaring ook sy medelye betuig. “Ons wens president Buthelezi vertroosting toe, terwyl een van die mees betekenisvolle verkiesings van sy politieke loopbaan hom ook in die gesig staar,” het die EFF gesê.

UDM-leier Bantu Holomisa en DA-LP John Steenhuisen het ook met Buthelezi gesimpatiseer.

Die egpaar is geen vreemdelinge vir tragedie nie. Business Day berig die Buthelezis se dogter Lethuxolo Bengitheni is in 2008 in ʼn motorongeluk dood. Sy is uit haar bakkie geslinger nadat dit ʼn versperring op die R66 naby Melmoth getref en teen ʼn steil helling afgerol het.

Vier jaar vantevore is nóg twee Buthelezi-kinders dood, skaars maande uitmekaar. Mandisi Sibukakonke en Nelisuzulu Benedict Buthelezi is albei aan MIV/vigs dood. Die IVP-leier het die oorsaak van sy seun se dood tydens die begrafnis bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ronel ·

Innige simpatie met u vrou se afsterwe. 67 jaar getroud! WOW!!

Johann cb ·

Mnr Buthelezi, ek bewonder u my lewe lank vir u toewyding. My innige simpatie met die gevoelige verlies.

IK ·

Ek is manalleen deur ‘n kankerstryd tot die einde met vrou van 50 jaar. Mnr Buthelezi, sterkte vir u en betrokkenes.

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n voorbeeld. 67 jaar by een vrou hy was altyd getrou aan haar. Hy kan definitief gerespekteer word. Miskien moet Jacob by hom leer.

Phillip ·

Ken vir Prins Buthelezi en Irene al vir soveel jare, en om saam met hulle te eet of net te sit en gesels was so ‘n vooreg . Hulle sowel as hulle kinders , drie wat nog lewe assok die wat gesterf het, was so ‘n voorbeeld van gesin wees en hegtheid. Irene sal ‘n leemte laat, maar ek is oortuig Prins Buthelezi is dankbaar dat haar lyding nou verby is, Rus in vrede Irene, jy was ‘n getroue en voorbeeldige kind van Die Here.

Christa J ·

Wat n verlies moet dit vir u wees. Sterkte aan n man met integriteit, n ware leier en staatsman. Jammer u is nie 30 jaar jonger nie.

Prof Albert Basson ·

Toe ek my doktorsgraad gekry het het hy my “gecap”. Na die gradeplegtigheid het ons almal saam geeet. Hulle was werklik nederige mense. As baie van ons kan se getroud vir 67 jaar. Wat n voorbeeld vir ons almal. Sterkte aan jou Mnr Buthelezi. Ek sal altyd respek he vir jou

Rina Kotze ·

Innige simpatie met u Mnr Bthutelezi.

Mag u en u familie vertroosting vind in hierdie hartseer tyd.

Onthou die goeie en vergeet die slegte.

Watter voorbeeld vir die jonger mense van vandag, 67 jaar getroud!!!

Estelle ·

Our deepest sympathy to the family in this sad time. Our hearts are with you.

Sanna ·

Eks seker een van die min Afrikaanse Wes-Kaapse kiesers wat by IFP kruisies trek juis oor jou skitterende voorbeeld wat jy stel mnr Buthelezi. Daar’s min leiers soos jy. Sterkte.

Bosvark ·

Ek het 1994 met eerste ope verkiesing vir Buthelezi gestem. Ek praat altyd daaroor dat geen witman die kans gehad het om te wen nie maar hy. Baie respek vir jou Mnr Buthelezi sterkte vir u en die family.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.