Vrou van Krugersdorp word vermis

Celeste Pienaar (foto verskaf aan Maroela Media)

Celeste Pienaar (foto verskaf aan Maroela Media)

Celeste Pienaar (32) van Krugersdorp in Gauteng word sedert 12 Februarie 2015 vermis.

Celeste werk as ʼn boekhouer by ʼn onderneming in Roodekrans en dit is waar sy laas gesien is. Sy ry ʼn Toyota Corolla 2007-model met die registrasienommer ZKF 045 GP.

Die polisie is ook op soek na (Daneel) Donavan Scheepers wat hulle vermoedelik in hul soektog na Pienaar kan bystaan.

Indien enigiemand weet waar Celeste haarself bevind, word hulle versoek om sers. Henning van die polisie te skakel by 082 778 5938.

Donavan Scheepers (foto verskaf)

Donavan Scheepers (foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Allan ·

Die dame is gekry, sy is tragies in ‘n motorfiets ogneluk oorlede. Weet op die stadium nie meer nie. Ongeluk glo op 12de Feb.

Donavan Scheepers ·

Moenie ander veroordeel as jul van niks weet nie, donker verlede ja nee, party mense kry mos plesier uit ander se seer, ekt niks om weg te steek nie. Ek sit met die hele gebeerte vir die res van my lewe en ek skuld niemand behalwe God n verduideliking ek is onskuldig, ek lewe met die seer en die hartseer,,, net God kan oordeel as Hy die dag kom, lees Openbaring. Baie mense het seer ons paaie is deur God bepaal nog voor ons gebore is. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.