Vrou van mensehandel verdink

Esther Mwanza (Foto verskaf deur die Valke)

Esther Mwanza (41) het Vrydag vlugtig in die Klerksdorp-landdroshof verskyn in verband met mensehandel. Sy is die oggend in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek.

“Twee vroue, onderskeidelik 20 en 31 jaar oud, is op 20 Januarie 2023 by die beskuldigde se huis gevind,” sê kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Hulle is na bewering van die Demokratiese Republiek die Kongo na Suid-Afrika gebring waarna hulle vir hul arbeid uitgebuit is.” 

Die slagoffers is ondervra en na ʼn plek van veiligheid geneem wat deur die departement van maatskaplike ontwikkeling verskaf is.

“Die saak is tot 9 Junie 2023 uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.