Vrou van Modimolle vermoor

(Argieffoto: Nico Strydom)

’n Bejaarde inwoner van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo is vanoggend op haar erf in dié dorp vermoor.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n besoeker het vanoggend op die liggaam van ’n 73-jarige vrou langs haar huis afgekom.

Die vrou is omstreeks 07:00 vir die laaste keer lewend gesien en is vermoedelik tussen 07:00 en 11:00 vermoor.

“Dit lyk of sy met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan is en het verskeie steekwonde aan haar kop, nek en hande opgedoen,” het Ngoepe gesê.

Hy wou in die stadium nie die oorledene identifiseer nie.

Volgens Ngoepe is die motief vir die voorval onbekend. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om die Misdaadstop-nommer by 0860010111 te skakel of by die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Zel ·

Ons het nie woorde nie. Ons harte is seer dat sulke dinge in ons pragtige gemeenskap kan gebeur. Die dame het altyd ons hondjies geskeer en so mooi met hulle gewerk. Ons gaan Tannie baie mis.

Kaaskop ·

Maroela Media, se asb vir my waar is die modemole? ek leef op ‘n ander planeet, ek ken Warmbad, Nelspruit, Nylstroom en Pietersburg! Oja, en ook Die Hoerskool Hendrik Verwoerd, en ek woon in Verwoerdburg!

Leonard ·

Modimolle is die nuwe naam van Nylstroom. Waterberg streek, Limpopo. Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.