Vrou van Paarlberg gered

Skymed-helikopter. Foto: @SafetyMountain/Twitter

Skymed-helikopter. Foto: @SafetyMountain/Twitter

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Sondag van Paarlberg in die Wes-Kaap gered.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het geval en haar been beseer terwyl sy en haar gesin op die berg gestap het.

Volgens Meiring het paramedici van ER teen die berg tot by die pasiënt uitgeklim. “Sy het ernstige beserings aan haar been opgedoen.” Paramedici het haar behandel voor sy met ‘n Skymed-helikopter na die Mediclinic Stellenbosch geneem is vir verdere behandeling.

Die vrou se man en twee kinders is veilig van die berg af gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.