Vrou van Polokwane word vermis

Bianca Gerber (Foto: SAPD)

ʼn 32-jarige vrou van Polokwane in Limpopo word sedert einde Februarie vermis. Die polisie vra nou die publiek se hulp om Bianca Gerber op te spoor.

Konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, sê Gerber is op 28 Februarie laas by haar pa se huis in Fourways in Johannesburg gewaar. Sedertdien is haar selfoon af en gaan dit direk oor na stempos. Gerber bly op ʼn kleinhoewe digby Polokwane.

“Sy is 1,6 meter lank en het tydens haar verdwyning ʼn wit geblomde rok aangehad,” sê Manamela.

Die polisie het haar reeds by vriende en familielede gaan soek, maar sonder enige sukses.

Enigiemand met meer inligting oor waar Gerber haar kan bevind, kan ao. Peter Mangakeng by 082 728 9831 of die Stop Misdaadnommer by 086 000 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Dit moet vreeslik erg wees vir die familie en die onsekerheid en vrae. Sterkte en ons bid en glo saam julle vind haar spoedig

Willem ·

Want hul moes intussen mense op strande soek en studente in toom hou

Casper ·

Wat sê haar pa.Ek ruik’n rot.As sy laas by haar pa se woning gesien is.

Vlooitjie ·

Deesdae is daar nogals baie berigte oor mense wat vermis raak

Marilize ·

Is dit nie dalk die dame wat ontvoer is so paar weke terug nie?

Truthful ·

Dis baie eienaardig dat sy nou eers regtig gesoek word..wat betaal ons tax geld?. Polisie is pateties…

Sonneblomkind ·

Veiligheid kom eerste. Wees bedag. Ek bid dat hul haar sal opspoor en dat sy ongedeerd sal wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.