Vrou van Postmasburg se liggaam gevind

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)sie

Die liggaam van ’n 62-jarige vrou is Donderdag in haar huis in Postdene in Postmasburg, Noord-Kaap, gevind. Sy is op die bed in haar slaapkamer aangetref en is glo verkrag en verwurg.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, sê die matras waarop die vrou se liggaam aangetref is, het brandmerke.

“Die nadoodse ondersoek wat Vrydag uitgevoer is, het bepaal die vrou was verkrag en verwurg,” sê Ramatseba.

Die vrou se selfoon, skootrekenaar en handsak met haar motorsleutels is gesteel.

Ramatseba sê ’n 72-uur-aksieplan is ná die voorval in werking gestel om die skuldiges vas te trek.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, het die verkragting en moord van die vrou veroordeel. Hy doen ’n beroep op die polisie om alles in hul vermoë te doen om die skuldiges vas te trek.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte konst. Christeen van der Westhuizen by 083 532 1417 of die kommunikasie-offisier Nomvuyo Makoloi by 082 454 3547 bel.

“Iemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, kan ook vir brig. Nicky Mills, provinsiale bevelvoerder van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, by 082 371 6667 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Tragies en mens wonder altyd is dit blank of nie-blank is (ek wonder in elkgeval) terwyl mens lees en enige aanduiding. Die oomblik toe ek “72-uur aksieplan” lees, toe weet ek die antwoord op my eie vraag. Dit maak dit net nog meer tragies

Sobymykoolkop ·

Postdene is die township net buite postmasburg in die Noord-Kaap. Meerderheid inwoners is kleurlinge

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.