Vrou van R20 000 kontant beroof

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans het R20 000 kontant van ʼn vrou in Moruleng buite Rustenburg in Noordwes, gesteel, het die polisie Vrydag gesê.

“Die 43-jarige vrou is Donderdag beroof,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou het glo die kontant uit ʼn bank in Mogwase onttrek en die drie verdagtes het haar geteiken.”

Volgens Makau het een van die verdagtes haar na die taxistaanplek agtervolg. “Die verdagte het glo in dieselfde taxi geklim en sy medepligtiges het in hul voertuig gevolg totdat die vrou uiteindelik in Moruleng afgeklim het.”

Die twee mans in die motor het glo ʼn vuurwapen op die vrou gerig en met die R20 000 gevlug.

“Die polisie is ontbied en hulle kon die verdagtes agternasit,” het Makau bygevoeg. “Hulle is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KarooKlong ·

Dit is nou flink gedoen deur hierdie lede van die SAPD, baie geluk.

carol every ·

Ja nee, stem , goed gedaan! Min dat diesulkes vasgetrek word!

lynette ·

Hoop almal kan so gelukkig wees . Kan ons nie nog polisie kry nie .

scalla ·

Inside information, begin by die bank teller, hul het mos nou die skuldiges, maak hul praat

SNEL ·

Dis nie te sê dis inside information nie, kyk maar hoeveel staan of sit rond in banke vir kwaadgeld en kyk wat ander doen. Hulle kloek ook altyd naby kitsbanke. Dis tyd dat jy as jy besigheid het om te doen in die bank alleenlik toegelaat moet word, as jy geen besigheid het om te doen, bly jy buite, VER buite, en drie of ses mag nie inkom vir een transaksie nie. Op die oomblik mag enige een in n bank kom, hulle kom in groepe en sit vir ure of staan net daar rond en hou almal dop.

CHRISTA ·

Ek hoop sy leer ook – jy klim NIE in ‘n taxi met soveel kontant nie!! Kry liewer ‘n bankgewaarborgde tjek!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.