Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel geroep nadat die vrou, vermoedelik in haar 20s, geval het. Hulle kon haar egter nie bereik nie en ʼn helikopter is ontbied om haar van die berg af te bring.
“Paramedici het onder in die pad vir haar gewag. Sy het ernstige beserings aan haar been opgedoen en moes onmiddellik na ʼn hospitaal gehaas word,” het Meiring gesê.
Die presiese omstandighede rondom die vrou se val was nie dadelik beskikbaar nie.