Vrou van Tafelberg gered

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou moes Woensdagmiddag met ʼn helikopter van Tafelberg af gered word, nadat sy geval en ernstig beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel geroep nadat die vrou, vermoedelik in haar 20s, geval het. Hulle kon haar egter nie bereik nie en ʼn helikopter is ontbied om haar van die berg af te bring.

“Paramedici het onder in die pad vir haar gewag. Sy het ernstige beserings aan haar been opgedoen en moes onmiddellik na ʼn hospitaal gehaas word,” het Meiring gesê.

Die presiese omstandighede rondom die vrou se val was nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.