Vrou van Tafelberg-staproete gered

Argieffoto

ʼn 22-jarige vrou is Saterdagmiddag van die Skeleton-ravyn op Tafelberg gered.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 ontbied nadat berigte ontvang is oor ʼn stapper wat in die moeilikheid beland het.

“Die vrou het op Skeleton-ravyn gegly en geval,” het Herbst verduidelik. Sy het ook ʼn kopbesering en verkluiming opgedoen. “Die spanne is na die toneel gestuur, maar kon nie die pasiënt veilig te voet bereik nie. Natuurbewaarders van Tafelberg- nasionale park, Wildernis-soek-en-redding, en die metro-reddingsdiens is ook na die toneel ontbied.”

Die vrou is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.