Vrou van vermoorde Pofadder-man in hof

Suretha Brits (middel) word deur brig. Dick de Waal en lt.kol Sandra Boshoff begelei na die hof (Foto: Verskaf)

Suretha Brits (30), die vrou van die vermoorde Leon Brits (41), eienaar van die gewilde Pofadder-hotel in die Noord-Kaap, het Woensdag in die plaaslike landdroshof in verband met sy moord verskyn.

Suretha is Maandag omstreeks 08:45 in haar huis in Marchand in Kakamas aangekeer.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê sy het op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en meineed in die hof verskyn.

“Sy sal na verwagting weer op 7 April in die hof verskyn wanneer sy formeel om borgtog sal aansoek doen. Sy bly intussen in aanhouding,” sê Kock.

Maroela Media het vroeër berig Leon is op 7 Oktober verlede jaar met meswonde dood aangetref. Hy is vermoedelik verwurg en met ʼn skerp voorwerp gesteek voor sy liggaam in die onderdakswembad agtergelaat is. Suretha het op sy liggaam in die swembad afgekom.

Verskeie waardevolle items, waaronder vuurwapens, ʼn selfoon, Krugerrande, diamante en geld, is glo van die perseel gesteel.

Drie mans, Jacques van Vuuren (34), Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (37), is reeds in verband met Leon se moord in hegtenis geneem.

Van Vuuren is Donderdag in die hooggeregshof in Kimberley ingevolge ʼn pleitooreenkoms gevonnis. Hy is 25 jaar tronkstraf opgelê vir die moord, waarvan vyf jaar opgeskort is. Van Vuuren is ook gevonnis tot 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede en drie jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien en Van Vuuren sal effektief 20 jaar agter tralies sit.

Bareki en Williams is op 20 November verlede jaar op waarskuwing vrygelaat. Hulle staan ook tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hulle sal na verwagting weer op 17 Mei in die landdroshof op Pofadder verskyn.

Kock sê die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Misky ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie en in vorige artikel het ek nogal iemand gesê hulle berig net van ‘n vrou na aan hom en nie sy eie vrou nie. Dis skokkend en wat besiel die vrou???? Skei as jy nie gelukkig is nie en beweeg aan.

Nella ·

Dit is nog die hele week in al die berigte dat dit sy vrou is

Androclus ·

Op 11 November 2020 het sy byvoorbeeld geskryf: “Lings, vanoggend kry ek baie swaar. Ek weet nie hóé sonder jou nie. Ek het soveel vrae wat ek jou nog moet vra.VAN HAAR FACEBOOK INSKRYWINGS VIR HOM.DAAI VROU IS SIEK.

Annelize ·

Ja, sy het die rol van treurende weduwee nogal goed vertolk as mens so na haar FB inskrywings kyk.

Daar moet beslis ‘n groot skroef los wees met die vrou. Om die treurende weduwee te speel, te gedy onder almal se simpatie en aanprysing oor hoe sterk vrou sy is, wel wetende haar man se bloed is op haar hande.

My vraag is net, wat nou van daardie arme kinders? En hoe veilig was hulle in werklikheid by haar?

Androclus ·

Syt gedink daardie treurende rol wat sy speel sal die polisie in ‘n ander rigting laat kyk,ja wat gaan sy eendag vir daardie kinders sê.

Eiervrug ·

Ook interessant om te sien dat haar man nie eintlik op enige fotos feature voor die datum van sy dood nie, maar na Oktober 2020 is dit vol van sy fotos. Sy lyk eintlik of sy dit bietjie oordoen, en dit lyk dan suspicious…

Phillip ·

Ek het op die erste berug gese sy is dalk betrokke kan wees en so veel teen kanting gehaad nou word sy aangeklae

Tessa ·

Ja en dis weer uitgemaak as n plaasmoord en die is vir my nog tien keer erger. Dis jou eie mense wat jou laat doodmaak.

andre ·

4 teen een .n klomp lafaards .sit hulle almal in dieselfde tronk

Pierre ·

Daai foto lyk vir my dan glad nie soos die vrou op die oorspronklike berig nie?

Misky ·

Ek dieselfde opgemerk en die lewe toe nie so goed en lekker toe hy uit die pad is nie

ES ·

Ek wonder altyd hoe dink sulke mense hulle gaan daarmee wegkom?

Excalibur ·

Stom Geslaan!! Ek gaan gewoonlik tuis daar op besigheidsreise en het gewoonlik met Suretha gereel en gesels. Het nie woorde nie … Jackal & Hide fiksie in Boesmanland of slaan die werklikheid my nou tussen die oe. Jessus het met die laaste awondmaal sy verloennaar met liefde bejeen en tog gewaarsku…Hoe vals kan ‘n mens dan wees; sy eie grootste vyand. ‘n Ander se huis is duister en elke huis het sy kruis maar om te moor is net een sonde te ver…Bid & Hoop Leon het dit nie sien kom nie en dat Suretha haar hart met die Here skoonmaak…Wat word nou van die geliefde Hotel en sy oulike mensies; ons dra jul in ons gebede; Jesus maak reg wat verbrokkel.

Anna-Marie ·

Het sy regtig gedink sy gaan nie vasgetrek word nie, Jacques van Vuuren gaan mos nie alleen sit vir 20jr nie, sy moes weet hy gaan praat. Lekker sit.

Elsabe ·

Mooi. Ek verstaan nie dat mense dink jy gaan die volmaakte moord pleeg. Jy doen nie. En om ‘n skare te kry wat dit vir jou gaan doen…. nee wat.

Soez ·

Ja nee..klink soos die een van Nigel wat haar man ook laat vermoor het. Dit vir lust en “geld”
Hoop hulle vrot almal in die tronk
Daar is opsies soos skei. Nou het hulle niks en die kinders is ouerloos. Het ook op fb toe begin met christelike versies en sommer ook al sy fotos delete…die stupid treurende weduwee. Sleg sleg sleg

AH ·

Ek wonder net hoe selfbehep ‘n mens moet wees om dit aan jou kinders te doen. Sy sal aan hulle moet verduidelik hoekom sy met voorbedagte rade hul pa van hulle weggeneem het en ook nou self a.g.v. die walglike daad van hulle weggeneem gaan word. Vir haar voel ek ‘n veer, maar my hart bloei vir die kindertjies. Ek hoop sy word swaar gestraf en dat daar nie versagting is nie. Mens mag nie oordeel nie, maar moord dié ergste om aan jou naaste te doen!

akkedismis ·

Die arme kinders sal NOOIT normale volwassenes word nie.want die VRAE wat hul het,sal NOOIT Beantwoord word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.