Vrou vas kort ná sy glo vriend vermoor

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Vrou wat haar lewensmaat ná ʼn rusie glo etlike kere met ʼn skerp voorwerp bygekom en hom vir dood agtergelaat het, is kort ná die voorval aangekeer.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die twee het glo Saterdagaand stry gekry by hulle huis in Marironi, buite Tzaneen. Die man het glo tuisgekom en die vrou daarvan beskuldig dat sy ontrou is.

ʼn Woordewisseling het ontstaan en die vrou het hom na bewering etlike kere gesteek, het Ngoepe gesê.

Die polisie en paramedici was kort daarna op die toneel waar die man dood verklaar en die vrou in hegtenis geneem is.

Die polisiehoof in Limpopo, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die voorval veroordeel.

“Ek doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap, veral leiers en kerke, om paartjies wat verhoudingsprobleme ondervind te help om professionele hulp te kry sodat ons dié soort voorval kan verhoed,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

Let.Gen. Ledwaba berading kan slegs geskied as die paartjies daarvoor vra.Hierdie was ‘n man wat tuiskom sy vrou beskuldig van ontrouheid en toe is dit meslem tyd.Ek glo hy het haar ook geslaan en sy het haar self verdedig.

Pieter J

Jaloers mense verstaan nie rede nie en raak geweldadig so ek verstaan hoekom sy hom met die mes gesteek het.

Nico

Waarom moet die gemeenskap betrek word, die mense met probleme moet self vra vir hulp en berading.