Vrou vas ná dwelmvonds by grenspos

Die dwelms is in die kleurvolle beursies versteek. Foto: SAID

Doeanebeamptes by die Beitbrug-grenspos het beslag gelê op ‘n groot besending metamfetamien, beter bekend as “crystal meth”.

Die dwelms het ʼn geraamde straatwaarde van sowat R2 miljoen, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in ʼn verklaring gesê.

Beamptes het ʼn vrou Sondagaand by die grenspos voorgekeer, toe sy Suid-Afrika binnegekom het. Sy het twee tasse by haar gehad en die beamptes het dit deursoek.

Tydens dié deursoeking is ʼn witterige, kristalagtige stof in ʼn klomp kleurvol versierde beursies in plastiek gevind. Die middels het positief reageer op toetse vir die dwelmmiddel, het die SAID gesê.

Die inkomstediens het beslag gelê op die items en dit vir veilige bewaring en verdere ondersoek aan die polisie oorhandig. Die vrou is in hegtenis geneem.

Die plaaslike polisie het die saak intussen aan die Valke vir ondersoek oorgegee en die vrou sou na verwagting gister in die hof verskyn het.

“Die suksesvolle operasie was die gevolg van deurlopende samewerking tussen die SAID en ander wetstoepassingsagentskappe by grensposte, wat daartoe verbind bly om die land se grense te beskerm, terwyl hy terselfdertyd wettige handel moontlik maak,” het die inkomstediens gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Heksie ·

Sy is meer een dwelm meul wat gevang is, daar is hope wat daagliks die land verlaat sonder dat hulle gevang word.
Maar ieder geval, baie goeie werk van ons doeane beamptes.

Julius ·

Een sak sement weeg 50kg. Sy het vier sakke sement in twee tasse gedra. Onmoontlik! Iemand lieg hier. Sy sal sukkel om een sak sement te dra.

Lynette ·

@Julius. Waar KOM jy daaraan? Waar op aarde lees jy dat sy met TWEE HONDERD KG dwelms gevang is? 200 kg Crystal Meth se strastwaarde sal BILJOENE rande wees…..in die berig word gepraat van net R2 miljoen?? En word gepraat van ‘versteek in n klompie beursies’. Goeie aarde, hoe suig jy so iets net sumier uit jou duim?

Netso ·

MM. Was die dwems oppad uit of in SA toe sy vasgetrêk is ? Sy was reeds in die hof hoekom nie haar gesig wys nie of is dit teveel moeite

Christel Cornelissen ·

Goeiedag Netso
Die berig is aangepas vir groter duidelikheid.
Groete
Christel
nms. Maroela Media

Hans Richardt ·

Nigeriërs verslaaf mense in SA, wat bly teruggryp na apartheid vir hul verslawing, as skuld.
Jy kan NOOIT vry wees, as jy dwelmslaaf is nie!

Db ·

Dit is haar oefenapparaat om die armspiere sterk te maak en hou vir toekomstige gewigoptel van nog meer dwelms

Vlakvark ·

Oorgee aan die Valke. Wat dit terug gee an wie dit behoort. En die vrou sit vir die misdaad

JESSICA ·

Hulle moet beslag le op al die EGYPTIANS THAT’S COMING JUMPING THE BORDER THERE AT BEIGEBRIDGE, they pay the officials there to come into SA. ALL THE EGYPTIANS IN JOHANNESBURG.

Michelle ·

Wil jy nou meer het hul nie fout iewers gemaak nie is dit nie dalk suiker nie die mense kry dan nou so swaar dan die poort van Suid-Afrika vir hul oop gemaak is om te kom werk. Hoe loop ons dan nou met weggesteekte dwelms. Sy moet die dood straf kry hoeveel jong lewens wou sy in Suid-Afrika kom verwoes het. Daar kom meer misdadigers oor daardie grenspos onwettige as wat hul wil kom werk want misdaad en vinnig geld maak is maklik hoekom sal hul dan nou wil werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.