Vrou vas ná honderde miljoene se bedrog

Een van die luukse motors waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

ʼn 43-jarige vrou sal Vrydag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof verskyn ná sy glo ʼn mediese toerustingmaatskappy met meer as R460 miljoen bedrieg het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woorvoerder van die Valke, het gesê die vrou is Woensdag in hegtenis geneem. “Sy is die rekenmeester van die maatskappy en het glo betalings gedupliseer deur geld in haar oorlede man se bankrekening in te betaal,” het Mulamu gesê.

Mulamu het gesê lede van die Valke het Woensdag met lasbriewe by die verdagte se huis opgedaag en het beslag gelê op verskeie luukse motors, motorfietse, toerusting en juweliersware. Sewe eiendomme met meubels ingesluit is ook by die klagte gevoeg.

Die verdagte sal verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Theresa B ·

Goeie genugtig. Regtig vroumens – wat het jy gedink……..!!!!

Anton ·

Hoekom vat dit so lank om agter te kom? Dit gebeur nie oornag nie en waar is die oudeteure?

Kosie ·

Ouditeure? Vra eerder waar is die bestuur en direksie en hoe op aarde mis hul sulke enorme bedrae…. Hoe swak moet jou interne kontroles wees. Die is so basies en dit is ongelooflik om te dink dat n perwoon met so iets vir so lank weg kan kom.

Jacques venter ·

As die vrou n lid van die parlement was, sou sy geen probleme gehad het nie en sou sy haar miljoene rustig kon geniet

Antoinet ·

Ten minste het die valke iets gedoen. Ek het ‘n groot som geld verloor. Na ‘n krimenele en seviele saak aangegee is 11 maande terug het daar nog niks gebeur nie. Ek krepeer en die ander pary leef ‘n voluit lewe…..

Johan ·

Ek self is onlangs vir baie baie geld gevat deur VDM college en niemand doen niks daaraan nie. Dit moet miljoene wees vir valke om te reageer. Maar ouens soos VDM operate onder die radar.

Pop ·

Ek wonder soms hoeveel is nou genoeg vir sommige soort mense. En vanaand as jy gaan slaap weet jy glad nie of gaan jy more wakker word nie. En niks kan saamgaan in die ewige slaap nie. Nie eers jou tandeborsel nie.

Natasha kapp ·

Hoekom is haar oorlede man se rek nooit gesluit ni? Nog n stukkie bedrog!!

Christelle ·

As die ouditeure so pateties is soos in die staat Anton dan sal jy besef waarom dit nooit ontdek is nie.

Cherokee ·

Julle is ‘n spul negatiewe foutsoekers! Die vroumens kon ‘n eerlike fout met bankrekening nommers begaan het en julle gaan gal af op haar:-(
Moet seblief nie so wees nie!

Anoniem ·

Hahaha, ‘n eerlike fout met bank rekening het nie soveel luukse en soveel miljoene rande tot gevolg nie! ‘N eerlike fout sou beteken sy betaal die geld terug die oomblik wat sy dit agterkom. Sy is immers ‘n rekenmeester!!!

Rooi jan ·

Ek vermoed dan dat die “arme” vrou die “eerlike” fout verskeie kere gemaak het. En dat haar oorlede man se rekening nommer so by haar gespook het dat sy skoon in n dwaas was wanneer sy die geld moes oorbetaal.

Danie ·

Cherokee, ek dink 7 eiendomme, luukse motors and whatever nog, is nie ‘n “eerlike fout met bankrekeningnommers” nie.

Zuma ·

Ja wat. Die Tannie het die lewe opgelewe.

Steinhoff het net weer bewys. ouditeure en boekhouers is almal skelms wat net vir hulle eie sakke is.

Mamon se aanhangers gee nie om vir ras of geloof nie. hulle moet meer he. ten alle koste.

Kaptein ·

Wat Steinhoff bewys het is dat in sekere spesifieke gevalle, sekere ouditeure saamspeel met wanvoorstellings.
Om nou ALLE ouditeure en ALLE boekhouers by te kom is kortsigtig.
En terloops, jy kan Mammon met min geld ook aanbid.

Awie Opperman ·

Hi Zuma, dit is mense soos jy wat te ruggraatloos is om onder jou eie naam plasings te maak wat die oorsaak is dat meeste suid-afrikaanse nuuswebwerwe nie meer kommentaar toelaat nie. Ek glo nie al die rekenmeesters en ouditeure is oneerlik nie en jou stelling laat my dink dat jy dalk nie slim genoeg was om die graad te bekom nie, dit klink vir my of daar meer as net ‘n tikkie jaloesie in jou stelling is.

Kiepie-Kandas ·

Hoeveel geld maak hierdie maatskappy dan uit siek mense wat swaar aan mediese fondse en -rekeninge betaal as hulle nie eens R460 miljoen mis nie??
Maar nou gaan hulle pryse seker net nog meer styg om hierdie verlies te kan dra.

Muffin ·

Cherokee volgens jou berig maak ek n afleiding dat jy dalk deel is van die komplot. R460 miljoen moes sy n paar keer n fout gemaak het met die rekening nommer. Fakture was gedupliseer en was dit ook per ongeluk.

Yankee ·

Cherokee, as ek nie so ver weg woon nie, het ek jou al lankal genooi vir n bier en barbeque, lol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.