Vrou vas ná man se dood buite Klerksdorp-kuierplek

Paul Slabbert. (Foto: Facebook)

ʼn Vrou verskyn Vrydag in die landdroshof in Klerksdorp op ʼn aanklag van moord, nadat Paul Slabbert (48) die naweek in die parkeerterrein van ʼn kuierplek in dié stad doodgery is.

Die voorval het Vrydagaand buite die Pirate’s Inn-kuierplek in die stad plaasgevind.

Volgens sy Facebook-blad was Slabbert van Heilbron in die Vrystaat.

Sers. Amogelang Mabihi, woordvoerder van die Klerksdorp-polisie, het gesê die presiese verloop van die gebeure is nog nie seker nie, maar die voorval het klaarblyklik ná ʼn stryery tussen Slabbert en die vrou plaasgevind.

Die vrou is Woensdag by haar huis in hegtenis geneem, het Mabihi gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op geslotekringtelevisie-beeldmateriaal van die kuierplek wat moontlik meer lig op die gebeure kan werp. Dit vorm deel van die ondersoek.

Klerksdorp Rekord het berig die vrou het Vrydag omstreeks middernag bebloed die kuierplek ingestorm. Volgens die koerant was die kuierplek volgepak en het die harde musiek binne beteken dat niemand onraad buite gemerk het nie.

Enigiemand wat gesien het wat gebeur het, of met inligting oor die voorval, word gevra om die ondersoekbeampte, AO Tharina Kemp, by 018 464 5054 of 076 790 6876 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaun van Rooyen. ·

Ek ken Paul baie goed,,,kom uit baie goeie huis en het 2 oulike kinders,,seun 20 en dagter 18,,was ook ñ baie goeie boer in Heilbron omgewing,baie hartseer sy lewe het so geeindig,,RIV Paul Slabbert ons sal jou nooit vergeet nie

So onnodig ·

In vanmelewe se dae het mense gekuier met gemmerbier en soetkoekies en melkterte en nie ‘n oormaat drank en brassery in kuierplekke in die donker nie.

SjN ·

Tragies, ek verstaan nie hoe hul beslag kan le op die plek se kringtelevisie materiaal nie, hul kan dit seker wel gebruik, wat sou gebeur in die geval wat daar geen kameras was nie?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.