Vrou vas ná moord op Ficksburg-boer

Barry Baars. Foto: Facebook.

ʼn Vrou is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn in verband met die moord op Barry Baars.

Baars (55) se werknemers het omstreeks 09:00 verlede week Dinsdag op sy liggaam afgekom op ʼn plaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat. Sy liggaam was in komberse toegedraai en hy het ʼn skietwond aan sy ken gehad.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê nadere ondersoek ná die moord het aan die lig gebring dat ʼn vroulike werknemer op die plaas die laaste persoon was wat saam met Baars gesien is.

Volgens Mbambo is Nthabiseng Ledwaba (38) Vrydag vir ondervraging ingeneem en later in hegtenis geneem. Sy het Dinsdag in die Ficksburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord, en die saak is tot 13 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Mbambo het vroeër gesê daar was geen gedwonge toegang tot die plaashuis nie en dat daar met ʼn klein kluis in die kombuis gepeuter is, maar dat niks daaruit gesteel is nie. “ʼn Groot kluis in die slaapkamer is oop aangetref met die sleutel steeds in die deur. Daar was vuurwapens en weermagklere in dié kluis.”

Mbamo het gesê hulle probeer nog vasstel of daar nóg verdagtes betrokke was by die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marieka ·

Ek stem honderd persent saam. Hoekom nie vroeër daaraan gedink nie?

bennie brits ·

Werk eerder self in jou huis sonder hulp dan weet niemand wat in jou huis aangaan

Meraai ·

Ek voel ook deesdae so. As hulle werk is dit dan ook half gewerk. So my gevoel doen dit self. So 2 weke terug is by my skoonsuster se plek ingebreuk 4uur die oggend net voor almal opstaan en ek se dis een wat weet wat in die huis gebeur en waar alles is.

RikaG ·

Omw as die vrouens nou begin om die boere te vermoor wat le nog vir ons voor. So sad om dit te lees.

Pop ·

Ek kan raai wat sy nou gaan se. En die polisie gaan haar glo. ?

Cor ·

Pop ek dink jy raai reg , as sy nie die verskoning uit gedink het nie, sal haar raad gewers dit gebruik en die oorledene sal nie daar wees om die teen deel te bewys nie. Sodoende stap sy binnekort uit sonder vervolging.

So sad! ·

Dis n groot skok ev verlies vir sy familie, mag God julle vertroos en dra deur hierdie geweldige moeilike tyd. Geregtigheid sal geskied eendag moet elkeen sy eie sask by God gaan pleit.
Sterkte aan die familie!

Willie ·

Ek moet heelhartig saam span, wittes wil nie werk nie.. jammer om dit se… en wit kinders, wil n helse salaris he, om so min moontlik te doen…

Matt ·

Willie, geeneen van die jonger garde wil vandag meer hard werk nie en almal wil meer geld hê ……. en wat het dit nou met die voorval te doen?

Elize ·

Ek stem saam met ooggetuie. Daar is hopeloos te veel wat nie wil werk nie dink almal skuld hulle iets.
Om die sabbatdag te heilig beteken nie dat die diere moet vrek van dors nie. Die werker kon dit die vorige aand vol water gemaak het as hy dan nou regtig nie sy hande mag lig om enige iets op ‘n sondag te doen nie. Geen verskoning vir sulke laksheid nie.

Vertroue ·

Alweer ‘n vroulike WERKNEMER, dan is dit ‘n tuinier, dan ‘n werker, dan ‘n werknemer .. so gaan dit aan .. en ons mense is nog steeds nice genoeg om werk te gee vir die mense. Dink ons moet 2018 ernstig oorweeg om ons werkers te laat gaan, dit kan later dalk net te laat wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.