Vrou vas ná moord op hoof van nooddiens

(Argieffoto: pixabay)

ʼn 39-jarige vrou is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Nicholas Khoele (48), hoof van die provinsiale nooddiens (EMS), op Bethlehem in die Vrystaat.

Khoele is op 14 April langs die R76-Lindley-pad in Bohlokong doodgeskiet. Hy is met verskeie skietwonde in die kop aangetref.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, spruit die verdagte se inhegtenisneming uit die ondervraging van twee verdagtes – Makhosazana Falicity Mfuphi en Sinethemba Klaas –  wat teregstaan op die moord van ʼn polisiebeampte, konst. Itumeleng Tladi.

“Die vrou is in hegtenis geneem en sy het haar betrokkenheid by Khoele se moord erken. Sy het erken dat sy R30 000 aan Mfuphi en Klaas betaal het om Khoele te vermoor,” bevestig Singo.

Die vrou sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Bethlehem verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christine ·

Genade, geen wonder daar is 58 moorde PER DAG in ons land nie. Hoe kan dit so maklik wees om ander net dood te maak! ‘n Lewe beteken net NIKS in ons land nie, want sonder wet en orde is dit ‘n criminal’s paradise.

Jr ·

Genade wie van ons vandag het R30000 om mense dood te maak. Dis seker wat Mal emma bedoel met economic freedom. As hy president word kan sy ook seker n tax rebate kry op haar R30000

Chris dupreez ·

Hoe moordlustig en gewetenloos moet jy wees om iemand met ,,verskeie skietwonde in die kop ,, te vermoor.

Jack ·

Die land van sluipmoorde. Raak ontslae van jou probleem huur n moordenaar agter elke bos. Dis wanneer terroriste losgelaat word met hul wapens en patrone. Die vat wat jy wil land waar n lewe nikswerd is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.