Vrou vas ná moord op man

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn 42-jarige vrou in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Vrydag in hegtenis geneem terwyl nog twee mans Saterdag in die Dutywa-gebied in hegtenis geneem is. Die drie verdagtes sal Maandag in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die 57-jarige man is Donderdagaand in sy huis in Mabheleni vermoor. Sy vrou en nog ʼn familielid het glo kos voorberei in die kombuis. Toe hulle dit glo vir hom wou vat, is hy dood aangetref in die slaapkamer. Hy is verskeie kere met ʼn mes gesteek. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeukop ·

Maroela, alhoewel alle bevolkingsgroepe se doen en late relevant is, moet julle dalk meer op die demografie van hul lesers fokus. Maroela is nie n plaaslike koerant vir alle gemeenskappe nie.

christine ·

Leeukop nee maar ek wil weet magtig. Die motief raai ek maar gurigheid hyt seker n vet polis nou gaan hulle fees met daai geld. Heng nooit gesien nie,ons wil hoor daars dan min dinge om oor bly te voel want hulle gaan niks kry nie behalwe om met hull Jacks in die Tjoekie te gaan sit

charlene ·

Dit gaan my verstand te bowe. Fine ek is nog baie jonk en in my nou eers 2 jaar getroud (al 11 jaar saam) maar ek is seker daarvan ek is nie meer kan sien vir die huwelik nie en my man kan los, sure dit gaan `n groot baklei wees maar daar is meer as een uitweg as moord / huur moord. Al het hy haar mishandel – skei hom dan maar moord is nie die regte uitweg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.