Vrou vas ná skoonsuster se dood

Die verdagte het haar skoonsuster glo met ‘n mes gesteek. (Foto: Unsplash)

’n 29-jarige vrou van Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap sal Donderdag op ’n moordklag in die landdroshof verskyn nadat sy glo haar skoonsuster (49) met ’n mes doodgesteek het.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, is die polisie Dinsdagaand na ’n toneel in Tshangisastraat in Kwanoxolo ontbied waar hulle die slagoffer met ’n steekwond aan haar sleutelbeen aangetref het.

“Sy is op die toneel dood verklaar. Volgens getuies was die slagoffer en verdagte in ’n argument betrokke toe sy met ’n mes aangeval is.

“Die verdagte het haar Woensdag aan die Bethelsdorp-polisie oorgegee en word tans op aanklagte van moord aangehou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Wonder hoekom het die Regering nog nie lisensie vir ‘n mes ook ingestel nie. Dink net hoeveel geld die Staatskas gaan kry vir dit!

Tiptol ·

Moet hul nie idees gee nie. Net ons wat wetsgehoorsaam is gaan lisensies vir ons broodmesse moet kry.

ES ·

Jis weet jy hoe lank sal jy wag vir ‘n meslisensie? Hulle kan nie eers ons vuurwapens se lisensiering baasraak nie…

Zilla ·

Retoriese vraag / kommentaar: ek was al baie, BAIE kwaad, maar het nog nooit die ‘behoefte’ gehad om iemand te dood of selfs aan te rand nie. Wat is julle gedagtes?

Menan ·

Ek myself sou graag ‘n paar skoonsusters wou bykom maar om te ignoreer en aan te beweeg was ‘n beter opsie. LOL

Annelize ·

Menan, het myself ‘n skoonsuster of twee wat smeek vir ‘n warm klap, maar ek ignoreer en beweeg aan, maar om letterlik ‘n mes te vat en iemand daarmee te steek, verstaan ek nie so lekker nie.

ES ·

Ek hou ook nie van my een swaer nie, maar ter wille van my suster is ek beleefd en vriendelik. Ten spyte van my gevoelens wou ek hom nog nooit leed aandoen nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.