Vrou vas ná sy baba glo op Gumtree probeer verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige vrou is Donderdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, deur die Valke in hegtenis geneem nadat sy haar babaseuntjie glo op die advertensiewebwerf Gumtree wou verkoop.

“Die vrou het ʼn advertensie geplaas waarin sy haar 19 maande oue babatjie vir R5 000 te koop aangebied het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Vrydag aan Maroela Media gesê.

“ʼn Persoon het die advertensie gesien en die polisie daarvan in kennis gestel. Die Valke het ʼn lokval vir haar gestel. ʼn Ontmoeting is gereël, die geld is aan haar oorhandig en sy het die baba aan die lede oorhandig waarna sy dadelik in hegtenis geneem is.”

Die advertensie.

Die advertensie.

Die R5 000 is verhaal en die baba is in die sorg van maatskaplike werkers geplaas.

Mulaudzi het gesê daar was aanvanklik verwarring oor of sy die biologiese ma van die kind is, maar intussen is vasgestel dat dit wel die geval is.

Die vrou sal na verwagting Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel. Die Valke gaan haar aansoek om borgtog teenstaan.

Volgens Mulaudzi kan meer aanklagte teen die vrou aanhangig gemaak word terwyl die ondersoek ontvou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hannie ·

O ja! hierdie is niks nuuts nie! Geld vir dwelms……. hulle sal werklik enigiets verkoop. Ek is oortuig, dat dit ook in hierdie geval is.

CS ·

As ek weet wat ek vandag weet het ek ook my kinders verkoop ha!ha!

Gideon ·

Ag ek kry die arme vrou so jammer. Wie van ons weet hoekom sy dit gedoen het? Daar is mense met vreeslike probleme, nie geld, voel die kind is beter af by iemand wat mooi kan sorg. Ek hoop die hof het empatie met die vrou.
Dalk is die arme jong vrou erg depresief? Hoe sal ons weet….

Charmaine ·

Weet jy ek dink al is n mens ook hoe depressief, kan haar optrede nie goed gepraat word nie.Ek was n paar dae gelede by n bevalling waar n baba oorlede is, en ek voel nou nog die ouers se pyn…om n baba te verloor is erg, maar te verkoop is harteloos.

mandie ·

Depressie is ni n veskoning om jou kind te verkoop ni. Oki swaar kry ni. Eks deur swaar kry en ek het depressie baie erg mr ek sal onder geen omstandighede my kinders seer maak of verkoop nie. Daardie is plein kommen simpelgeid. Mag sy di ergste straf kry wat da is. Da is baie mense wat daai kindjie op n eerlike manier sou aan neem. He’ll man ek sal hom gevat het blank of nie blank daai kind het ni gevra om n pateet vi n ma te he nie

Annece ·

Ek dink nogals dat as jy skuldig is aan n misdaad teenoor kinders moet dit deel van jou vonnis wees dat jy gesteriliseer moet word – sulke mense moet nie kinders he nie

Se maar net ·

Amen ! Het al dieselfde gedink – kinders kry moet duidelik nie ‘n reg wees nie !

Arizona ·

Ag Vader hoekom het ek nie hierdie post gesien nie. Ek sou haar betaal het en weg geloop het. Ek wil so bitter graag nog n baba hê. Ek sal vir daai kind kan gee wat sy ma nie kan nie.

Ria ·

Ek sal moet ophou om in die winkels te se dat my tierners te koop is! Netnou neem iemand dit nie as n grap nie en dan is daar n probleem!!

celeste ·

Ek keur nie goed wat die vrou gedoen het nie maar dink mens moet twee keer dink voor mens die persoon veroordeel. Ons weet nie wat in haar lewe aangaan nie en hoe swaar sy dalk kry nie. Sy moes regtig desperaat gewees het as sy so ver gegaan het!

Christine ·

Dankie Nella, die mensdom het ‘n siekte van “ag siestog” onderlede. As dit met jou swaar gaan moenie, dink voor jy doen. Daar is ook hulp, gaan vra net. Mensehandel is wreed, wie het die reg daartoe?

My Opinie ·

Ek KAN NIE glo dat daar mense is wat simpatie het met die sleg vrou nie!! As jy nie geld het nie en nie vir jou kind kan sorg nie, gee hom/haar dan op vir aanneming! Enige perverse siek mens kan die kind koop! Waar is haar en jul simpatieke mense se breine!!

Beatrix Stevens ·

Ja nee…. werklik… Ek het geen simpatie met die vrou?? maak nie saak wat die omstandighede?? hoe kan n mens jou kind wil verkoop vir R5000.00 ,,, en ek stem saam Edith… hou dan op broei” soos jy dit stel??? as n mens nie vir n kind kan sorg… sorg dan dat jy nie kinders kry?? Mag daar n goeie ouer huis vir die kind gegee word. en mag hierdie Baba baie liefde ontvang… En mag die Ma haar probleme uitsort”’ net jammer sy nou R5000.00 kweit en haar baba??

Genis ·

Ek beny haar simpatiseerders se naïewiteit / lae intelligensie. Dis maar al van my kant af vandag.

Roosmaryn ·

Daar is geen prys op ‘n lewe nie. Nie R5.000 of R500.000 of 5 Miljoen nie! Die oomblik wat ons ‘n prys kan sit op ‘n lewe, is dit dieselfde as persoonlike prostitusie. Blyk my ons gaan terug na die dae waar Josef deur sy broers verkoop was aan die Egiptenare. Hoe jammer dat sommige mense sonder ‘n gewete kan lewe?

Cherise ·

Wees bly dat sy eerder die baba wou verkoop voor sy die arme kind dalk aangerand het of toegelaat het dat “vriende” van haar die kind dalk met haar medewete gemolesteer het. Iemand wat so laag daal, is tot enige iets in staat. Daar is hoeveel gevalle van ma’s wat toegekyk het hoe hul eie kinders seksueel gemolesteer word. Hierdie baba is die trauma gespaar.

Magda ·

Ek het geen idee hoe jy jou kind kan verkoop nie, maak nie saak hoe sleg dit gaan nie. Shame dink daardie kind se verwarring dat sy mamma wat hy so lief het en vertou hom net weg gooi

Ek smag na n tweede kind maar dis nie moontlik nie. Sal wat wil gee vir n bondeljie liefde

Harteloos van daai ma

Theresa ·

Wat meeste van die mense doen is oordeel. Hierdie is die oordeel, wat die Here se, Hom toekom. Julle ken nie die vrou nie, weet glad nie wat haar omstandighede is nie. Sy het immers vir 19 maande vir haar kindjie gesorg. Nou gan ek Jesus se woorde aanhaal “laat die een wat SONDER SONDE is die eerste een wees wat ‘n klip optel…….”

jackie ·

Da is baie vrouens da buite wat smag na n baba dan kry mens vrouens wat kinder kry en dan nie na hul kyk nie da is so ding soos voorbehoedmiddels gebruik dit kry die ma nie jammer nie sy verdien nie n kind nie ek het my baba verloor en is nog steets hartgebroke hoe kan die ma so harteloos wees en haar baba verkoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.