Vrou vas na sy glo 6-jarige doodry

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn 33-jarige vrou van Kimberley in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy Maandagoggend na bewering ʼn sesjarige seuntjie op sy fiets doodgery het.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 09:30 in Nonbengula-weg in die Galeshewe-nedersetting plaasgevind.

“Die seuntjie was na bewering besig was om die pad op sy fiets oor te steek toe ʼn swart Renault Megane hom getref het. Die seuntjie is van sy fiets af geslinger. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Tawana gesê.

Die vrou het glo nie ʼn bestuurslisensie gehad nie  en die motor se lisensie het ook verval.

Volgens Tawana is sy in hegtenis geneem en van strafbare manslag aangekla. Sy sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Langtand ·

Ek is so jammer oor die tragedie! Wat soek die vrou in die kar en dit sonder n lisensie?
Dink met hartseer aan die ouers met hul groot verlies

JoeV ·

Alles hier is verkeerd, waar is die kind se toesig, ook in die tronk?

Johann ·

Ai, nog ‘n onnodige sterfte. Hoekom is mense so roekeloos?

elize ·

Dis baie hartseer. Drywer is skuldig dat sy sonder n lisensie n voertuig wat se lisensie verval het, bestuur het. Waar was daardie arme kind se ouers of toesig toe hy op sy fiets die pad oor gesteek het? Hy is maar 6 jaar oud

Meraai ·

Ek stem saam – waar was daardie kind se ouers. Behalwe dat almal deesdae ry soos hulle wil, weet ek nie wat die omstandighede was nie, maar as ‘n kind voor jou inry met sy fiets……is daar soms nie veel wat jy kan doen nie, al ry jy binne die spoedperk!!!!!

Chris W ·

Sou jy sonder ‘n geldige rybewys( of bestuurders lisensie ) ry is JY skuldig sou daar’n ongeluk gebeur ONGEAG wat gebeur het.Met ander woorde,die persoon sonder ‘n rybewys MAG nie op die pad gewees het agter die stuur van ‘n motor voertuig nie en dit maak hom /haar skuldig en klaar.Dis die wet wat so se nie ek nie.Die feit dat die voertuig se lisensie verval het is totaal irrelevant in die geval.Vra maar ‘n regsgeleerde.’n Moord klag is ‘n groot moontlikheid in die’ geval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.