Vrou vas ná sy jok oor kaping, ontvoering

Argieffoto

ʼn 28-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo valslik beweer het dat sy tydens ʼn kaping ontvoer is, wat daartoe gelei het dat ʼn multidissiplinêre span van die polisie op ʼn dwaalspoor geplaas is.

Die vrou het Donderdag by die Protea Glen-polisiestasie in Soweto ʼn verklaring afgelê waarin sy beweer het dat sy Woensdagaand tydens ʼn kaping in Mohlakeng, Randfontein, in haar motor se kattebak gedwing is waarna haar kapers vir ʼn groot gedeelte van die aand met haar rondgery het.

Die vrou het Woensdagaand in verskeie plasings op sosiale media beweer sy is ontvoer en duisende sosialemediagebruikers het haar plasings gedeel.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is ʼn span, bestaande uit senior speurders, lede van misdaadintelligensie en ander polisiereaksie-eenhede, Woensdagaand saamgestel nadat die vermeende ontvoering onder die polisie se aandag gekom het. Die span het dwarsdeur die nag gewerk om die “ontvoerde vrou” op te spoor.

Polisiebeamptes van verskillende provinsies, waaronder Gauteng, Mpumalanga en Noordwes, was by die ondersoek betrokke en ʼn dringende soekgeselskap en maksimum hulpbronne is ingespan om die voertuig op te spoor en die “slagoffer” te vind.

Daar is egter teenstrydighede opgemerk nadat die vrou haar verklaring by die polisiestasie afgelê het. Volgens Masondo is vasgestel dat die klag vals was en die vrou het erken dat sy nooit ontvoer is nie. Daar is op die vrou se motor beslag gelê, asook op twee selfone, waaronder die selfoon wat sy beweer het deur die kapers gesteel is.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklagte van meineed, dwarsboming van die gereg en bedrog.

Lt.genl. Elias Mawela, die Gautengse polisiekommissaris, het die vrou se inhegtenisneming verwelkom. Hy het gesê hoewel die motief agter die vermeende versinsel in dié stadium nog onduidelik is, is dit iets wat as ondeund en kwaadwillig veroordeel moet word, gegewe die tyd en hulpbronne wat onmiddellik ingespan is toe die polisie van die vermeende kaping en ontvoering verneem het.

“Lede van die publiek word gewaarsku om hulle te weerhou van valse sake wat die polisie dwing om hulpbronne in te span wat eerder gebruik kon word om ernstige en gewelddadige misdade te bekamp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Phillip ·

Ja nee kyk lat sy vir haar kry speel met vuur en jy brand jou self . Volgende keer gebuer dit regtig en niemand stuurhulle daar aan nie . Sy moet maar sit . Of al manier om van haar man af weg te kom.

Anoniem ·

Kry vir jou vroumens! Wat ‘n manier om aandag te soek. Beslis nog nie volwasse nie.

Sêmanet ·

Hoe kon die “kapers” haar toelaat om sosiale media te gebruik? Sy behoort hard gestraf te word vir dit. Daai soektogte kon gebruik word om regtige vermiste persone te soek.

Misky ·

Sy het blykbaar gesê dat hulle haar foon gevat het, maar dat sy ‘n tweede foon op haar gehad het en hulle was nie bewus daarvan nie. Die boodskappe het sy dan kamma gestuur terwyl sy in die kattebak was.

Adri ·

As daar maar altyd so ywerig na ander vermiste persone gesoek sal word.

Misky ·

Ek hoop sy kry ‘n baie swaar straf en sit lank in die tronk en het genoeg tyd om te besef hoe simpel en kinderagtig sy is. Verkeerde manier van aandag soek

Annelize ·

Maak asb ‘n voorbeeld van haar. Vervolg haar strafregtelik en dagvaar haar ook vir die finansiele implikasies wat so ‘n soektog die staat kos.

Verdomde simpel vroumens! Hoeveel mannekrag, tyd en geld het verlore gegaan waar dit aangewend kon word om iemand te help wat werklik in nood was?

Patch ·

Hoekom sal mens so iets wil doen? Gaan my verstand te bowe.

Meisie ·

Sy kon seker nie verlof by die werk kry nie toe dink sy nou hier aan!

Toy ·

Ek het nie respek vir iemand wat so lieg nie, dit is nie ‘n grap in vandag se lewe nie. Dit is siek om so iets te doen.

Irma ·

‘n Mens maak nie so misbruik van die mannekrag van die Polisie nie.

Asgat ·

Ek is deel van n’ NGO wat met vermiste persone en kinders werk, my redanasie is sy wou een of ander tyd se hulle soek “randsome geld” wat na n’ cash send atm toe gestuur sou moes word om haar vrylating te verseker. Daardie geld sou deur haar kon getrek word vir haar eie gebruik en niemand sou van beter geweet het as haar ou plannetjie uitgewerk het nie. Se maar net ….

Adrie ·

Asof daar nie al genoed moord en doodslag in ons land is nie! Nee wat girla – sit sal jy sit en jou straf aanvaar wat vir jou gegee word. Skaam jou!

ES ·

Stuur haar tronk toe en beboet haar vir die volledige bedrag wat dit die staat gekos het om haar te “vind”.

Sy behoort haar te skaam! Daar is mense wat waarskynlik die polisie se hulp baie meer nodig gehad het.

koos10 ·

En ‘n vrou van Centurion word agtervolg en gaan polisiestasie toe vir hulp en word self toe gesluit?

Leonard ·

Sý MÓÉT in TRONK, in sel met GÉÉN toegang toegesluit word vir WEEK óf sò.
Dán PRAAT óns weer…

Magda G ·

Sluit haar toe. Hoeveel geld en man-ure het vrrlore gegaan en dit deur n mens wat aandag soek

Di ·

Nee wat, dink nie sy gaan veel oorkom nie. Our people kom mos weg met als. Gaan seker net oor die vingers getik word en daar gaan sy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.