Vrou vas na sy man se geslagsdeel byt

jail_barsʼn 39-jarige vrou van Soweto word van poging tot moord aangekla nadat sy ʼn stuk van ʼn man se geslagsdeel afgebyt het.

Konst. Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, sê die vrou en ʼn 38-jarige man het mekaar die naweek by ʼn kroeg ontmoet. “Die slagoffer het die verdagte gevra om te trou en sy het ingestem. Hulle het ook ooreengekom om na die slagoffer se huis te gaan en seks te hê.” Met hul aankoms by die huis het die vrou aan die man gesê om sy broek af te trek. “Hy het dit gedoen waarna sy ʼn stuk van geslagsdeel afgebyt het.” Chauke sê die man is in die hospitaal opgeneem en is Maandag ontslaan. Hy sê die vrou het intussen verneem dat die man ʼn klag teen haar aanhangig wou maak en hom na die polisiestasie gevolg waar sy in hegtenis geneem is “Die dokter se mediese verslag dui daarop dat sy hom op ʼn baie gevaarlike deel van sy geslagsdeel gebyt het en dat hy kon doodgaan en dus die aanklag van poging tot moord.” Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rentia ·

Dis ‘n siek storie, albei natuurlik vol alkohol. Geen regdenkende mens ontmoet, dit in ‘n kroeg en huweliksklokkies word voorgestel nie. Absurd. Laat staan nog die seks.

En die wortel van alle kwaad is…!

Jasper ·

Sy moes die lastige “ding” of dalk “dingetjie” af gebyt het.

Gert ·

Ag, moenie ‘n preutse ou kloosterkoek wees nie. Hierdie berig gee bietjie humor aan die alewige moord en doodslag! Come alive!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Nuttelose Daan ·

Jy’t dit verkeerd Petro. Meer van n “nuttelose” man na dese…durf ek se. ( En voor n slimmetjie weer kom se “praat jy uit ondervinding”? – is die antw ja. )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.