Vrou vas na ‘valse’ aantygings op Facebook

‘n Skermskoot van die plasing. Foto: Facebook.

ʼn Jong vrou van Brackenfell in die Wes-Kaap is in die sop ná ʼn inskrywing wat sy Maandag op Facebook geplaas het.

Die vrou het in ʼn inskrywing op Facebook beweer sy het Maandag oudergewoonte ʼn parkie naby haar huis in die Proteahoogte-omgewing besoek.

“Twee swart mans het op ʼn bankie gesit. Ek het verby hulle geloop en onder ʼn boom gaan sit. Toe ek weer sien, het hulle weggeloop. Vyf minute daarna het hulle van agter af gekom en een het my kop teen die boom vasgestamp. Hy het my opgetel en ʼn skerp voorwerp teen my keel gehou en gesê as ek ʼn geluid maak sal hy my lewe neem,” het die inskrywing gelui.

Sy voer aan dat hulle haar deursoek het vir haar selfoon, maar dat sy dit tuis gelos het.

“Hy het sy houvas op my begin verloor en ek het gedink dit is my kans om te vlug. Soos ek weggeruk het, het hy my aan die kant van my kop gesteek. Ek het baie bloed verloor terwyl ek huis toe gehardloop het. Ek is so dankbaar niks erger het gebeur nie.”

Die vrou gee dan ʼn beskrywing van die twee aanvallers, en noem dat daar ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik is. Die plasing is ook vergesel deur ongeveer vyf of ses foto’s van haar bebloede gesig en hande.

“Hulle verdien nie om te lewe nie. Dit maak my so kwaad dat hulle ʼn meisie wat haarself nie kan verdedig nie aanval.”

Die vrou dui op haar Facebook-profiel aan dat sy 20 jaar oud is, maar volgens die polisie is sy 17 jaar oud. Maroela Media maak dus nie haar naam bekend nie, omdat minderjariges volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het aanvanklik Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn saak van poging tot roof en aanranding word ondersoek nadat ʼn meisie na bewering Maandag omstreeks 11:00 in Hibiscusweg in Proteahoogte deur twee verdagtes aangeval is.

Traut het egter Woensdagoggend gesê die jong vrou is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem op aanklag van dwarsboming van die gereg nadat daar deur ʼn polisieondersoek vasgestel is haar aantyging was vals. “Die ondersoek duur voort,” het hy gesê.

Die vrou se plasing is intussen van Facebook verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Elizma ·

Ek het geweet dis fake. Daai kamstige “bloed” het net nie reg gelyk vir my nie.

H ·

Ek het dit ook gesien en gedink dit klink bietjie snaaks. Die bloed is nie natuurlik op haar gesit nie, maar gesmeer. Ai hoop ander leer ook ‘n les hier uit dat dit nie reg is om wolf te roep nie.

Jeannette ·

Ag nee man, soek sy dan aandag? Het die Polisie nie genoeg werk om te doen sonder dat hulle vals klagtes moet ondersoek nie? En wat bring dit enige een in die sak? Probeer sy rassisme aanblaas deur te noem dat dit twee swart mans is (wat haar NIE aangerand het nie, want sy maak die storie op, aldus die Polisie). Werklikwaar, meisie, gaan kry vir jou werk of gaan speel pop.

Melanir ·

I said from the beginning this was all a lie and her story did not pan out as she said. A lot of hate speech was generated and only a handful of us agreed this was not as she said. May her punishment make her think twice before posting such lies.

Hannelie ·

Ek stem saam jou Elizma, daai tamatiesous merk is te perninent met die vinger getrek. Hoop sy leer haar les om nie te speel met vuur nie, gelukkig is die skole Maandag oop, dan kan sy weer ophou om sulke onsin uit te dink en mense op hol te jaag.

Aandagvraat ·

Dis nou weer n voor op die wa Hoërskool dogtertjie wat nie genoeg aandag by die huis kry nie!

Hens ·

Ok nogals gewonder waai vrou gaan ontspan in vandag se tyd nog in n parkie en boonop alleen?

Genieve ·

Syt seker gedink sys slim en toe slaan sy haar naam met n plank.

Ouvrou ·

Dit klink na ‘n gemoedsverstoring. Die kind het sielkundige hulp nodig.

Leon ·

@M, alle sosialemedia het ouderdomsbeperking, jy moet 13 wees.

Lola ·

Ek het dit gelees en ek het ook gedink, dit is ‘n snert storie. Hoekom kon die facebook blaaie soos BKA en Solidariteit nie maar ook eers ondersoek ingestel het nie of is propaganda meer werd?

Jackie ·

Ag dis mos nou snert om die blaas oor te skuif na hulle toe

moeg ·

maar moet tog net nie jou gesig pers verf nie…en wat as dit so was….ag kom nou julle draad sitters….wat as dit regtig gebeur het…en julle speuders wat gedink het did nie regtig nie hoekom het julle nie iets gedoen omtrent dit nie..neeeeee tipies…kommentaar mos net sleg en doen niks…

Leon ·

Wat as dit, wat as dat. Sy moet baie moeilikheid kry vir haar valse storie. So volgens jou kan ek die polisie ook prank call, want “wat as dit gebeur het” nee “Moeg”, jys verkeerd

Antjie ·

Dis bietjie ooglopend vals: Dis iets anders as bloed op haar gesig! Die wond lyk ook nie na dié van ‘n skerp voorwerp nie.

Die polisie moes mos die ondersoek by die beweerde slagoffer begin het. Dis effe moeilik om te glo dat dit verder sou gevorder het, of is dit die nuuswaarde in die artikel? Of is die onderliggende rassevooroordeel die nuus? Dis siek dat verveelde tieners rassevooroordeel so probeer bevorder. Dis vir my erger dat die media val vir die “grap”.

Ek wil graag bou op ‘n regverdiger toekoms, en sal dit in die hoofberigte ook waardeer. Is ek al Afrikaner wat so voel?

Jeannette ·

Kyk hier, dink ek ook nou – hoe het sy gedink gaan sy wegkom met die storie? Ek sien baie mense sê sy het tamatiesous gebruik, maar dit kon ook teater-bloed gewees het. Ek weet nie, ek FB nie en op MM se foto is die beeld uitgeblok. Tog, as sy so baie gebloei het, moes sy tog steke gekry het en na ‘n kliniek of hospitaal gegaan het en dan sou die ‘wond’ nog die volgende dag daar gewees het. Dís seker tóé dat die speurders hond-se-stert ruik. Aan die een kant is dit jammer dat sy as minderjarige nie ge-“name & shame” mag word nie, aan die anderkant is dit ook níé jammer nie, want so kry sy nie haar “15 seconds of fame” nie.

Erich Van Der Walt ·

Ek wonder wat se daai slim mense nou. My mos gekruisig toe ek se dis vals en superficial wonde. Die meisie is te lief vir selfies neem.

Annie ·

So kind kort n goeie pakslae… asof daar nie genoeg rase haat in ons liewe land is nie help die kind dit nog aan ook. Wat gaan aan met vandag sr kindertjies? Leer die ouers hulle nie reg nie of hoe?

M ·

SY IS IMMERS 17 JAAR OUD SY KAN MOS MAAR OP FB WEES AS SY WIL.FB IS NIE OUDERDOMS GEBONDE NIE??

Lion ·

Ek hoop sy’s vreeslik trots op haarself, en wanneer iets soos dit met jou wel gebeur, moenie huil of simpatie soek nie, daar’s mos n ou storie… Wolf..Wolf.. nie waar nie.

Michael ·

Wonder hoekom sy so iets sou doen maar dankie MM julle kom reg met die beskrywing en beriggewing oor die feite hou so aan

pft ·

Nog ‘n vermorsing van kosbare polisie tyd, en ons het so min daarvan….smk

Reti ·

Waaaarvoor sal sy nou só iets aanvang?
Dis reg. Moenie haar naam publiseer nie want dan kry sy die aandag waarna sy soek. En… Jammer M. Daar ís ouderdomsbeperking op Facebook.

VanAfrika ·

Op twintig sou ek nie eens aan so iets gedink het nie. Was te lief vir make-up, mooi klere en movie sterre

KarenG ·

Baie mense is geneig om FB as euwel af te maak. Dis allermins die geval, dis die mens wat bollie aanjaag en probleme veroorsaak, nie FB nie!!

nina ·

Ek was 13 toe ek fb gekry het so dit is nie regtig ouderdoms gewys nie dis oop vir almal

Kiepie ·

Koos, miskien het sy ‘n Pa soos jy en dit is waarom sy andag op ander maniere soek.

Wessel ·

@ Kiepie – Dit is gewoonlik afwesigge ouers wat veroorsaak dat kinders aandag soek. Kinders wat pak slae kry soek nie nog aandag nie.

Jeannette ·

@Kiepie, ons is as kinders goed gefoeter as ons verkeerd gefoeter het. Dit het ons laat huil, ja, maar ook laat voel Ma & Pa gee genoeg om vir ons om ons te foeter sodat ons reg optree. Die gebrek aan dissipline onder vandag se kinders, is die groot oorsaak van onverantwoordelike optrede soos dié, jeugdige drank- en dwelmmisbruik, tienerswangerskappe ens. – kinders doen wat hulle wil en vee hul agterente aan volwassenes en hul ouers af, omdat hulle weet hulle het ‘kinderregte’ en kan polisie toe hol as daar aan hulle gefoeter word. In ons dae sou ons nie eens daaraan gedink het nie, want in ons klein gemeenskap sou jy deur die een aan wie jy kwaad gedoen het, gefoeter word en as jy sou kla, sou jy ‘n tweede keer deur jou ouer(s) gefoeter gewees het en as jy sou gaan kla het, sou die polisieman jou ook sommer weer foeter.

Alice ·

Kiepie, dis juis omdat ons nie meer ons kinders dissiplineer dat hierdie goeters gebeur !! My Pa het ons ons pak op ons tyd gegee en glo my daar is absoluut niks fout daarmee nie. Ek het respek vir mense en meer myself!! Het sy regtig gedink die waarheid sal nie seevier nie??

Disgusted ·

Ek kan nie glo dat so n jong bogsnuiter sulke onwaarhede op media kan kwytraak en dink sy kan wegkom daarmee nie. Liewe genade is ons land nie al genoeg gedompel in rassehaat en propoganda nie???? Hoe op deeske aarde moet en kan ons land herstel en respek vir mekaar kan he as sulke dinge gebeur. ????? Vir elke mens is daar n plekkie in die son. Ek wens uit my hart mense oor alle kleurgrense wil hierdie nonsens stop. Eer en respekteer mekaar, hou op propoganda rondslinger, leef in vrede met mekaar, leef en laat leef!

TDW ·

Wow @weird jy is awesome! Ek hoop jy word opreg waardeer deur die mense om jou, want jou hart is goud werd! Moenie jouself kruisig oor daai dame nie, daar is duisende om jou wat jy nou kan help, net deur jou goeie vraag te vra, hoekom het sy gevoel sy moet dit doen.

Chantal van Schalkwyk ·

Ek het n afspraak by die dr gehad en sy is net voor my uit die spreekkamer met steke in haar gesig. Ek is seker nie blind nie???
Hou maar eers al julle snedige kommentare tot die waarheid uitkom.

Jeannette ·

@Chantal van Schalkwyk – nou maar hoekom sal die polisie haar dan van dwarsboming van die gereg aankla???

Cobra ·

Jeanette, so daar is nou feite dat sy wel steke gekry het. Gedink dat dit miskien ‘n boyfriend kan wees? Of miskien self toegedien is?

Jeannette ·

Self-toegedien of deur ‘n “boyfriend” toegedien …. Maar hoekom maak sy dan die storie van die twee swart mans op? Sy het ernstige sielkundige hulp nodig as sy haarself gesny het of moes dan ‘n saak teen die “boyfriend” gemaak het, as daar een is wat haar gesteek het met iets. Ek dink steeds sy is ‘n aandagsoeker en het hulp nodig.

Theuns ·

Ek wens die polisie is so vinnig om te reageer op werklike aanvalle en die skelms in hegtenis te neem.

Lizette Botha ·

Ai wat mense sal doen om aandag te kry? Wens net hulle wil bietjie verder dink aan die nagevolge…. Wat as iemand die 2 mans wel gesien of gekry het en hulle aangerand het dan sit daai onskuldige mense in die tronk omdat sy loop en aandag soek…. Dink asb volgende keer hoeveel onskuldige mense se lewens beinvloed kan word.

Henry McDonald ·

Veral agterdogwekkend toe sy versoek dat indien enigiemand die twee ‘verdagtes’ opmerk sy by die nr.(verstrekhaar ‘selno.’) geskakel moet word – wonder wat sy dan wou doen seker die 2 ‘verdagtes’ gaan arresteer???

Piet ·

Ek wil haar aan Smily voorstel. Hulle sal n oulike couple maak!

Vry hand ·

Ja ja ja ..chantal..ek is n nurse en duidelik is daai nie wonde nie

Johannes van Staden ·

Het nou nie regtig gebeur nie …maar klink soos iets wat tog wel in SA baie maklik kan gebeur …kyk na al die misdaad en moord

Vry hand ·

M…al is sy 17 en al mag sy op facebook wees…haar valse fotos..valse getuignis van aanranding en mes wonde..gee haar nie die reg om so openlik te lieg op social media nie..kan sy nie vir haar self gedink het nie..haar gat kort n goeie loesing

Cobus ·

Ek sou weet dit is vals die oomblik wat ek gelees het sy hethaar foon by die huis gelos… geen jong vrou kan verwyder wees van haar selfoon nie…

ian saunderson ·

Die sapd sê nie hoekom sy die gereg dwarsboom nie. Dit kan enigeiets wees, om aan te neem die fotos was fake is naamskending in sigself. Miskien is die storie waar maar iets anders het intussentyds gebeur wat lei tot die aanklagte van dwarsboming. Gee kans, laat die waarheid uitkom en moenie waarde oordelings maak totdat ons die feite ken nie.

Rika ·

Ek het nogal komentaar gelewer dat in vandag se dae jy mos nie vrou alleen dit kan doen nie…. Never cry wolf… Juffrou

Wouter ·

Wil darem net sê. Deur ons buurtwag hoor ons elke week van talle inbrake hier.

Leo ·

Vir wat het sy nou dit gedoen??? Sy het defnetief sielkundige hulp nodig!!

Liz ·

Ek wonder hoekom hul haar ‘n “vrou” noem. ‘n Opregte vrou het klas en ken haar plek. Dis ‘n kind dié wat waarskynlik vir haar 15sek of “fame” soek. Dis nie okey nie.

Jackie ·

Ja ok Liz moet net nie tegnies raak nie. Ons weet dit mos nou

E ·

Die opskrif bevat die woord ‘vals’ in hakkies.
Dalk was sy in ń fisiese bakleiery betrokke?
Dalk het sy seergekry en die blaam op iemand anders gepak?
Ek voel nou soos ń speurder, maar as sy dit wel opmaak voel ek bitter jammer vir haar.

Cobra ·

Ek stem volkome saam met jou. Sy beskerm iemand. Glad nie ras aangedrewe nie.

Jax ·

My woorde aan hierdie kind! Het jy enige idee hoeveel mannekrag en baie kosbare Polisie-middele jy gemors het met jou onsin! Jou vals aantygings het baie mense bang gemaak en reuse soektogte geloots vir die ” arme kind wat so helder oor dag aangerand is”. Mense wat jou met woord en daad ondersteun het! Vir jou juffie, sê ek SIES! Ek hoop van Harte dat daar van jou geval n goeie voorbeeld gemaak sal word oor wat met jou gebeur as jy kosbare middele en tyd mors!! As jy my kind was, het ek jou n groot pakslae gegee!
Ek haal my hoed af vir SAPS! Julle werk is nie maklik of aangenaam nie! Respek manne en vroue in blou!

Freddie ·

Wat my die hoenders in maak is dat dit rassehaat so onnodig aanblaas. Ja, die krinele moet dit eerder buite vrees as onskuldige mense. Maar ons het genoeg moeilikheid in hierdie land, ons hoef nie goed op te maak nie.

Carlia ·

Dat ‘n skooldogtertjie nou soveel aandag kry, dat sy tot op E-News is maar moorde word afgewater.

goeie-aarde ·

Mensig, dat 1 mens sulke stories uit haar duim gesuig kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.