Vrou vas ná Welkom-prokureur se skietdood

André van den Heever (Foto: André van den Heever, Facebook)

’n 62-jarige vrou is Dinsdag in hegtenis geneem vir die moord op ’n bekende prokureur in Welkom in die Vrystaat.

André van den Heever (64) is omstreeks 07:45 in sy kantoor in die dorp geskiet. Dit volg kort ná hy en ’n vrou na bewering in ’n stryery betrokke was.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die kantoorbestuurder gesien hoe Van den Heever en ’n vrou in die kantoor in ’n woordewisseling betrokke was. Sy het gaan tee maak toe sy ’n geweerskoot gehoor het.

“’n Tweede skoot het daarna gevolg. Van den Heever is dood in sy kantoor aangetref,” bevestig Thakeng.

Die kantoorbestuurder het daarna Van den Heever se seun, Christopher, gebel.

“Christopher se ma het glo ná die skietvoorval gesê sy gaan haar aan die polisie in Welkom oorgee.”

Volgens Thakeng het sy egter nie by haar woord gehou nie en die polisie het na haar gesoek totdat hulle haar byna twee uur later, omstreeks 09:30, opgespoor het.

“Welkom se blitspatrollie het haar by ’n woonstel in Henneman aangekeer. Sy is in besit van ’n vuurwapen gevind wat sy vermoedelik tydens die skietery gebruik het.”

Die vrou staan tereg op aanklag van moord. Haar wit Volkswagen Polo Vivo is aan die familie oorhandig. Dit is nie seker wat haar en Van den Heever se verhouding ten tye van sy dood was nie. Volgens sy Facebook-blad was hy geskei.

Van den Heever se kantoor wou nog nie kommentaar lewer oor die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Papsak ·

Dit is bitter hartseer al wat ek kan se liefde rus in vrede was nog nie nou tyd nie maar JESUS gaan mooi na jou kyk

Catherina ·

Kan mense nie ordentlik goed uitpraat nie ? As hulle nie kan nie, bly weg van mekaar en praat deur hul prokureurs. So jammer vir die wat agterbly

Frank John ·

Ai, sy moes goed opgestook gewees het om hom sommer so te skiet. Iets het haar lelik omgekrap en hoe loop sy my ‘n wapen so rond. Dalk voorbedagte idee gehad dat as sy nie haar sin kry nie gaan sy hom dwing of skiet. Tyd sal leer.

Cabytheron ·

Hoe hartseer is dit nie! So baie sterkte aan die kinders en familie.

Swerwer ·

Waarom moet jy ander vermoor? Mag sy boet vir haar gewetenlose dade.

madels ·

Ek wonder wat het haar gedryf tot so n drastiese stap… wie weet watse man hy was? Part mense se boeke is duister… Maar dit regverdig nie n moord nie.

Skappie ·

Jammer om te hoor van Andre. Is bly dat die vrou gevang is. Mag onse Liewe Heer die gesin en vriendekring styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir hulle voorle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.