Vrou vas oor baba in dam

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Vrou van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige babadogtertjie vermoor het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die gemeenskap in Dutywa het Maandag ʼn babalykie in ʼn dam in Sheshegu sien dryf. Volgens Manatha is ʼn tas met klere en ʼn foto van die baba op die toneel gevind.

ʼn 21-jarige vrou is Woensdag in Doti in hegtenis geneem in verband met die voorval. “Die verdagte het aan die polisie erken dat sy die baba Maandagoggend in die dam gegooi het.” Volgens Manatha is die motief nog nie duidelik nie.

Die vrou sal Vrydag in die Dutywa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Arme kinders. Hulle moet altyd die duur prys betaal. So onskuldig in hierdie wrede wêreld en so “uitgelewer” aan (siek) volwassenes. Darem is sy nou in ‘n beter plek. Daar kan niks en niemand haar seermaak nie.

CHRISTA ·

Dit is die toppunt van barbaarsheid! Hang haar in die dorpsplein!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.