Vrou vas oor baba in sak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn pasgebore baba in ʼn plastieksak naby ʼn hoërskool in Kagiso aan die Wes-Rand gevind is.

Ao. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem. “Die vrou is in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap die polisie ingelig het dat sy ʼn paar dae terug nog swanger was en toe nie kon sê waar die baba is nie.” Die vrou het glo skuld erken.

Die polisie is Vrydag ontbied nadat die sak met die baba in ʼn veld naby die Mandisa Secondary School gevind is. Die polisie kon nie onmiddellik bevestig hoe lank die baba daar gelê het of waaraan die baba dood is nie.

Die vrou sal Vrydag in die Kagiso-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.