Vrou vas oor baba se dood

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 55-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn tweejarige meisie vermoor het in Chatsworth in Durban, KwaZulu-Natal.

Genl.maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die baba is deur paramedici dood verklaar. Die baba was glo die vrou se kleinkind. Die vrou sal na verwagting binnekort in die Chatsworth-landdroshof verskyn.

Die polisie het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Eie vlees en bloed – weereens. ‘n Kind wat haarself nie kon verdedg omdat sy kleiner en swakker is as ‘n grootmens. Dit skrei ten hemele…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.