Vrou vas oor babalykies in vrieskas

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

ʼn 29-jarige vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die liggame van vier babas in ʼn vrieskas in New Brighton in Mthatha in die Oos-Kaap gevind is.

“Die dokter het tydens die nadoodse ondersoek ʼn skoenveter om een van die babas se nek gevind wat aandui dat die baba verwurg is,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy voer aan sy is die ma van al vier die babas, maar ons stem nie saam nie. DNS-toetse word môre [Woensdag] gedoen.”

Die vrou sal na verwagting Donderdag in die Mthata-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het Saterdag die babalykies opgespoor nadat hulle ʼn wenk ontvang het. Die beamptes moes by die huis inbreek, aangesien die vrou nie tuis was nie. Huurders op die perseel het aan die polisiebeamptes gesê die vrou is in Johannesburg om ʼn begrafnis by te woon. “Vier pasgebore babas se liggame is in die vrieskas gevind,” het Fatyela toe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.