Vrou vas oor dagga

'n Dwelmlaboratorium. Foto: SAPD/Twitter

‘n Dwelmlaboratorium. Foto: SAPD/Twitter

ʼn Vrou van Germiston in Johannesburg het Vrydag in die hof verskyn nadat daar glo ʼn daggalaboratorium in haar huis gevind is.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê Donee Kathleen Schmidt (51) is Donderdagaand in hegtenis geneem. Die polisie het glo op 120 daggaplante en dagga-olie beslag gesê.

Schmidt het Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is tot 7 Januarie uitgestel.

Ramaloko het gesê dit is die vierde daggalaboratorium waarop die polisie die afgelope week afgekom het. Verlede Vrydag is 11 verdagtes in Sandton en Hartbeespoort in hegtenis geneem nadat die polisie op 13 eiendomme klopjagte uitgevoer het.

Ses van dié verdagtes het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn. Venessa Brass, haar seuns Gareth en Trevor, Trevor Oscroft en Lava en Tiago Teaxara bly in aanhouding en sal weer op 11 Desember in die hof verskyn. Die ander vyf verdagtes naamlik Patrick en Justin Brass, Roua Prinsloo en Dawe Roquefort het vroeër die week in die Protea-landdroshof verskyn. Al 11 verdagtes sal op 11 Desember in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.