Vrou vas oor dwelms in bagasie

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 44-jarige vrou is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kokaïen glo in haar besit gevind is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou, wat met ʼn Zambiese paspoort gereis het, is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy van Mumbai via Addis Ababa in die land aangekom het.

Volgens Naidoo is 1,59 kg se kokaïen, met ʼn straatwaarde van sowat R478 500, in ʼn vals kompartement van die vrou se bagasie gevind.

Die vrou word van dwelmhandel aangekla en sal Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lida ·

Geen simpatie met haar nie. Hulle luister eenvoudig nie. Lees elke dag daarvan. Sy moet maar sit soos al die ander.

louis ·

nee wat hier sal sy nie eintlik iets oorkom nie.dit is jammer hule het haar nie in n ander land gevang nie waar sy defnitief ordentlike tronkstraf sou gekry het

Paul ·

Sluit haar toe, en gooi die sleuths weg. Ons het al te veel van daai gemors in ons land.

Ilze ·

Ek kan nie dink dat mense so naief kan wees om te dink dis n maklike paar rand en sal nie gevang word nie. Geen simpatie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.