Vrou vas oor dwelms om lyf, in maag

‘n Foto van die verdagte wat deur die polisie verskaf is.

ʼn 35-jarige vrou is vroeër die week by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van R600 000 glo in haar besit gevind is.

Die vrou is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy en haar bagasie deursoek is, het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

“Daar was ʼn band om haar lyf waarin dwelms versteek is. Sy is in hegtenis geneem en vir x-strale gestuur wat aan die lig gebring het dat sy talle pakkies dwelms in haar maag gehad het.”

Volgens Mogale sal die verdagte Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

“Mense probeer voortdurend dwelms deur hierdie lughawe smokkel ten spyte van deurlopende inhegtenisnemings en suksesvolle vervolging van sulke oortreders. Smokkelaars word gewaarsku dat hulle, met die kapasiteit en vermoëns by hierdie hawe van toegang, beslis bespeur sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

So lyk regstellende aksie en BEE. Met haar wit velkleur was sy seker al so desperaat om werk te kry…

Angel from hell. ·

Om die dwelm muile se hande af te kap is n beter oplossing. Hulle het altyd die verskoning van hulle kinders dood van die honger en hulle is enkel ouers, maar hoekom raak hulle in die eerste plek deur mekaar met dwelms. Ek het n vriendin wat by die dwelm tak by een van die groot lughawens werk, en die druglords pers hulle af om dwelms oorsee te vat. Omdat die muile ook dwelms gebruik. En hulle val elke keer vir die grap. Elke dwelm muil wat gevang word met n klein pakkie dwelms, glip daar tientalle deur met groot besendings.

Antoinette de Greeff ·

Goed dat sy vasgetrek is maar so gaan die 6 miljoen rand se dwelms deur want sy was seker net die aandagaftrekker.

Karolis ·

Jy moet maar skoene aantrek as jy kies om die pad van die diwweltjies te loop.
Sy kan ongelukkig nie staatmaak op die honger verskoning nie.

Michelle ·

Jy sou baie lewens verwoes het ek is so bly die doane op lughawe is so op en wakker. Jy het so baie opsies gehad om te kies hoe om brood op die tafel te sit, maar jy kies die een ek vertrou die landdros sal jou vir ‘n hele paar jaar weg sit want versagtende omstandighede is daar nie. Jy kon vra vir hulp God is ‘n gebed ver.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.