Kaapstad-vrou vas oor dwelms van R7 miljoen

Foto: timefreight.co.za

Foto: timefreight.co.za

ʼn Vrou is in Montague Gardens in Milnerton in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel ter waarde van R7 miljoen.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang oor ʼn verdagte pakkie by Time Freight in Montague Gardens in Milnerton,” het kol. Teminkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Toe die polisie Maandag by die toneel opdaag, was daar 42 kg metamfetamien (Tik) met ʼn straatwaarde van R7 561 000 in die pakkie.”

Die 32-jarige vrou is in hegtenis geneem toe sy die pakkie wou afhaal. “Die vrou sal Woensdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet Marais ·

hul moet die mense se name bekend maak wat met dwelems smokkel dat ons kan weet wie dit doen en dat ons , ons kinders kan waarskue teen hul en hul moet swaar strafte kry want hul verwoes ons kinders se lewens lewenslank tronkstaf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.