Vrou vas oor gekloonde bankkaarte

Mitchell's Brewery by die V&A Waterfront in Kaapstad, glo een van die vrou se slagoffers Foto: mitchellsbreweryct.wordpress.com

Mitchell’s Brewery by die V&A Waterfront in Kaapstad, glo een van die vrou se slagoffers Foto: mitchellsbreweryct.wordpress.com

Anushka Rossi, ʼn vrou van Kaapstad wat vrygelaat is op ʼn waarskuwing nadat sy glo gekloonde bankkaarte gebruik het, is weer terug in aanhouding.

Rossi (30) het Donderdag voor landdros Sabrina Sonnenberg in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn nadat sy op soortgelyke aanklagte in hegtenis geneem is.

Sy staar 260 aanklagte, insluitend bedrog en die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, in die gesig.

Hayley Lawrence, die vrou se regshulpprokureur, het aan die hof gesê Rossi staar nuwe aanklagte in die gesig en sal op 27 Junie aansoek doen om borgtog in die Bellville-distrikshof.

Rossi is in Augustus 2013 in hegtenis geneem ná die inkopietog van R229 865 tussen April en Junie 2012. Haar inkopietog het in Johannesburg by Montecasino in Fourways, The Baron in Sandton, en die Pilgrims Trading Store by OR Tambo Internasionale Lughawe begin, voordat sy na Kaapstad verhuis het.

In Kaapstad het sy glo toegeslaan op die Cape Town Fish Market-restaurant, die Mugg & Bean-restaurant by die Kaapstadse Internasionale Lughawe, verskeie Pick n Pay-winkels en Mitchell’s Brewery by die V&A Waterfront.

Lawrence sê Rossi sal onskuldig pleit op al 260 aanklagte wat verband hou met die eerste reeks oortredings.

Sy bly in aanhouding. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.