Vrou vas oor gesteelde koperkabels

Deur Megan Gittins

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. (Foto: Verskaf deur SAPD)

ʼn Vrou is Donderdagmiddag in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat koperkabels en ander gesteelde eiendom in haar besit gevind is.

Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê lede van die Welkom-polisie se eenheid vir openbare orde het gister om 16:18 ʼn wenk ontvang dat ʼn persoon in een van die plakkershutte in die Phomolong-nedersetting in besit is van gesteelde koperkabels. Ná ʼn ondersoek is ʼn 31-jarige vrou in besit gevind van vyf heiningspalette, vyf omheiningspale, ʼn rol koperdraad wat 20,5 kg weeg, twee slypmasjiene, een boormasjien en ʼn 23 m lange elektriese koord.

Beamptes het op die goedere beslag gelê en die vrou is in hegtenis geneem. Volgens Thakeng sal sy Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. “Die Matjhabeng-munisipaliteit het al die goedere waarop daar beslag gelê is uitgeken,” het hy gesê.

Genl.maj. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, het die betrokke beamptes bedank vir hulle goeie werk.

Volgens Thakeng loop Matjhabeng sedert verlede maand deur onder ʼn vlaag kabeldiefstal, met misdadigers wat veral gebiede soos Odendaalsrus, Virginia, Welkom en Bronville teiken. Dié diefstal lei daartoe dat inwoners dikwels sonder elektrisiteit gelaat word.

“Die polisie wil rowers waarsku dat indien hulle koperkabels van die Matjhabeng-munsipaliteit steel, die polisie geen steen onaangeroer sal laat totdat hulle vasgetrek en van die strate verwyder is nie,” het Thakeng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Neels ·

M.M. moet dit nie miskien heining panele wees nie of is dit hout pallete wat soms deur mebse in informele nedersettings as heinings . Vra maar net

Jerry B ·

Plaas haar op die lys as “Sakevrou van die jaar 2019”. Maak my bitter om te dink hoe erg hierdie kriminele die land se ekonomie verwoes.

Potties ·

Mense dink net dalk is sy n ma die pa van die kinders gee nie geld nie so die ma moet n plan maak . Ek weet dit is verkeerd of dalk het sy dit gedoen vir ander dinge . laat mens nogal dink.

Winnie ·

Hoekom is daar simpatie vir die vrou as haar optrede veroorsaak dat mense wat betaal vir krag verontrief word. Die skrootwerwe moet eerste vasgevat word want as daar nie ‘n mark is nie sal die kabeldiefstal ophou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.