Vrou vas oor gesteelde voertuig by kompleks

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Vrou is by ʼn meenthuiskompleks in Randfontein in hegtenis geneem nadat ʼn BMW X5 wat verlede week tydens ʼn rooftog gesteel is, in haar besit gevind is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die polisie het inligting oor die gesteelde voertuig ontvang en is na die Beachwood-kompleks in GreenHills. Daar het hulle die BMW in die parkeerterrein gevind met vervalste nommerplate op die voertuig, het Dlamini gesê.

“Polisiebeamptes het die eienaar van die kompleks gekonfronteer en sy is in hegtenis geneem vir die besit van ʼn gesteelde voertuig. ʼn Voorlopige ondersoek het aangedui dat die voertuig gesteel is tydens ʼn sakeroof in Langlaagte op 17 Augustus,” het hy gesê.

Volgens Dlamini is die BMW en twee ander motors by Beras Motors gesteel toe verdagtes wat hulle as kliënte voorgedoen het, vuurwapens op die eienaar gerig het. Die verdagtes het met die drie voertuie en die eienaar se selfoon op die vlug geslaan.

Dlamini het gesê die polisie is steeds op die rowers se spoor en die ander twee voertuie is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karma ·

Die feeks!!!!!!!!!!!! Ons vroue is veronderstel om die omgee-faktore in ons samelewing te wees: die oumas, moeders, susters, vroue, verpleegsters,”taxi-mom”, die een wat nerf-af knieë gesond soen, die een wat drukkies en liefies uitdeel ….. Nie een van die honderde-duisende misdadigers daar buite wat ander mense vermoor, besteel en beroof nie. Ek hoop hulle gooi haar hard en goed met die wetboek!!!

Will i am ·

Sy seker haar pos in munisipaliteit verloor. Nou moet hul ander planne maak om BMW te ry

Frederik ·

Sy mag swak maniere hê, maar sy het goeie smaak as dit by wiele kom !!

André Marais ·

Frederik bly Jy noem dit “Goeie smaak” of bedoel Jy die “Mags” met “Wiele” want die X5 (die M weergawe) het Mooi wiele moet Ek herken maar Ek is ‘n AMG (Jy weet wat Ek bedoel nê ?) “Fan” – so lekker om nog Humor in Ons Lewe te kan hê. Groete en skêrp kommentaar gewees van Jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.