Vrou vas oor groot hoeveelheid kokaïne, kontant

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 30-jarige vrou is in Durban, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kokaïne en kontant in ʼn woonstel gevind is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die blitspatrollie het inligting opgevolg wat hulle na ʼn woonstel in die middestad gelei het. Beamptes het omstreeks 21:20 Vrydagaand op die woonstel toegeslaan.

“Die polisie het op 48kg se kokaïnpoeier, ter waarde van nagenoeg R3 miljoen, beslag gelê, sowel as R701 000 in kontant.” Volgens Zwane was die vrou in die woonstel en sy is daar in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn.

Die ondersoek na die saak duur voort.

durban-dwelms-kontant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dabo ·

Hierdie vrou is ‘n gewetenlose verwoester van mense lewens. Sy verdien nie borg nie en moet die swaarste straf denkbaar opgele word. Die doodstraf sou nog te genadig wees. Baie dankie aan die polisie wat die oortreder in hegtenis geneem het en hulle nie laat omkoop het nie. Dit is wat die dwelmbase gewoonlik probeer doen want hulle is vrot van die geld. Hoeveel van die R701,000 is nie verkry deur dwelmafhanklikes wat gesteel het om geld vir dwelms te kry nie ?
Die polisie sal ‘n tevergeefse stryd in ons land teen misdaad voer as die dwelmprobleem nie hok geslaan word nie. Mag daar nog arrestasies uitgevoer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.