Vrou vas oor man se grumoord

Foto verskaf deur SAPD Noordwes

Nancy Majonhi (42) het Maandag in die Mogwase-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die gewelddadige moord op haar man, Prosper Chipungare.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar het in ʼn huurkamer in Ledig naby Sun City gewoon toe hulle op 28 Julie 2015 in ʼn woordewisseling betrokke was.

“Die 44-jarige man is glo met ʼn hamer geslaan totdat hy sy bewussyn verloor het. Volgens die inligting wat ontvang is, het die beskuldigde daarna die slagoffer met ʼn graaf opgekap en sy liggaamsdele in drie verskillende puttoilette gegooi,” het Mokgwabone gesê.

Die vrou het daarna glo die plek deeglik skoongemaak en na Sun City-polisiestasie gegaan om haar man as vermis aan te meld.

“Die beskuldigde het daarna na Zimbabwe vertrek en eers vroeër vandeesmaand aan haar familie en skoonfamilie bely dat sy haar man doodgemaak het. Die families het gereël om na Sun City in Suid-Afrika te kom en die vrou het haarself aan die polisie oorgegee.”

Sy sal Donderdag weer in die hof verskyn. Sy bly in aanhouding.

“Die ondersoek duur intussen voort. Die polisie het reeds ʼn skedel en beendere gevind wat vir DNS-toetse gestuur sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peach

Geen woorde kan hierdie wreedheid beskryf maar, gelukkig het haar gewete haar oortuig om die regte ding te doen anders, soos dit vir my voorkom, kon dit maklik ‘n volmaakte moord gewees het.

Elinette

Nee hene, as ek iemand doodgeslaan, opgekap het en die liggaamsdele hier en daar begrawe het, sal ek darem nie MAANDE daarna ewe skielik ‘n gewete ontwikkel en dan my aandeel in die oorledene se dood erken nie. Dit was so amper-amper die perfekte moord …

Dries

Ek hoop nie my vrou raak so kwaad vir my nie.

Belinda

Sjoe dis wreed! Wys net dat mens se skuldgevoelens nooit verdwyn nie, nie eens na al die jare nie. Jou gewete sal jou pla tot die waarheid uit kom. Dis hoekom die waarheid jou verlossing is.

Swerwer

Daarsy, kry vir jou, jy wou mos. Daar is geen genade vir moord nie.