Vrou vas oor man se liggaam onder haar bed

(Foto: SA Polisie)

ʼn 36-jarige vrou van Mpumalanga het in die Carolina-landdroshof verskyn ná ʼn man se liggaam onder haar bed gevind is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Anna Mayibila is op 4 Januarie by Silobela Township naby Carolina in hegtenis geneem. Sy het Maandag reeds in die hof verskyn. “Sy bly in aanhouding totdat sy op 15 Januarie kan aansoek doen om borgtog.”

Mayibila se vriend, Vusi Petrus Msibi (48), is as vermis aangemeld ná sy familie hom in November 2019 laas gesien het. “Die polisie het ondersoek begin instel en het gehoor dat Msibi en Mayibila altyd in mekaar se geselskap was. Die polisie het dus gaan ondersoek instel by Mayibila se huis,” het Hlathi bygevoeg.

Beamptes het Saterdag by haar huis aangekom waar hulle iets onwelriekend geruik het. Hulle het navraag gedoen daaroor en Mayibila het aangevoer dit is ʼn dreineringstelsel. “Die beamptes het egter verder ondersoek ingestel en onder haar bed op Msibi se liggaam afgekom.”

Mayibila het aan die beamptes gesê sy en die slagoffer het baklei en sy het hom gestamp. Dit het, volgens haar, tot sy dood gelei.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het persone gemaan om huishoudelike kwessies eerder op ʼn vriendskaplike wyse te probeer oplos, eerder as om mekaar dood te maak. “Daar is kerke, tradisionele leiers en maatskaplike werkers wat gereed staan om persone te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

daniel ·

Vir baie mense is n mense lewe absoluut nutteloos en kan daarvan onslae geraak word as dit jou pas.

Nettie ·

Hoe de hel bly jy in ‘n huis, slaap jy op ‘n bed, waaronder jy jou boyfriend se lyk wegsteek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.