Vrou vas oor miljoene se Ters-bedrog

ʼn 33-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met bedrog by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike verligtingskama (Ters).

“Nana Precious Mbuto is Dinsdag deur die Valke se span, wat ernstige korrupsie ondersoek, in hegtenis geneem,” het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Sy word daarvan beskuldig dat sy sedert April 2020 valslik aansoek gedoen het vir Ters-fondse van die departement van arbeid ter waarde van net meer as R2,6 miljoen. Sy het glo die besonderhede van twee entiteite, naamlik Sandy & Sissy Trading en Narrow Road Trading Projects gebruik.

“Sy het na bewering ook ʼn vervalste lys van werknemers ingedien en met ʼn beampte van die departement (wat nog nie in hegtenis geneem is nie) saamgespan om onreëlmatig voordeel te trek uit die WVF se Ters-fonds,” het Mogale bygevoeg.

Mbuto het Donderdag vlugtig in die Durbanse handelsmisdaadhof verskyn. Sy moet op 4 Maart weer in die hof verskyn vir haar formele aansoek om borgtog. Sy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Teuns ·

Nee Peetjie, jy is heeltemal verkeerd, Lees baie mooi: “The love of money is the root of all evil”.

Dup ·

Verander Durban se naam na NANA PRECIOUS MBUTO. Sy en die ander kaders en vriende verdien die erkenning.

Riaan ·

Baie geluk Nana Precious Mbuto. Jou aansoek vir die toekomstige Minister van Finansies pos het deurgedring tot die kortlys.

Yvonne ·

Sjo die aanloklikheid van baie geld is so gevaarlik…sy meen seker as sy dit nie vat nie spring iemand haar voor

anko ·

En so sukkel ek al van September 2020 om my UIF uitgebetaal te kry. Elke persoon het ‘n ander storie. Het al honderde rande se lugtyd gebel sonder enige reaksie. Bel weer op so ‘n datum en so gaan dit aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.