Vrou vas oor moord op kêrel

Argieffoto: Phillip Bruwer

ʼn Vrou (25) is in hegtenis geneem in Frankfort in die Vrystaat vir die moord op haar kêrel.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê Mpho Ramakonopi (36) was by ʼn onwettige kuierplek in Namahadi toe die voorval plaasgevind het.

Hulle het gestry oor ʼn beweerde verhouding waarin Ramakonopi glo betrokke was.

“Die vrou het glo ʼn bierbottel gebreek en Ramakonopi in die nek daarmee gesteek. Die slagoffer is na die Mafube-staatshospitaal gehaas vir behandeling, maar is by sy aankoms dood verklaar,” het Hani verduidelik.

Dit volg ná nog ʼn voorval verlede week waarin Nomusa Mngomezulu (47) ook haar kêrel, Oupa Mashinini (43), met ʼn mes in die nek doodgesteek het nadat hulle ook ʼn rusie by ʼn kuierplek gehad het. Hy is ook na die Mafube-hospitaal geneem vir behandeling en by sy aankoms dood verklaar.

“Die polisie maan die publiek om te wag tot hulle nugter is voordat hulle argumente probeer uitstryk,” het Hani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan Celliers ·

Ek wil net dit laat weet ek bly in Vereeniging ek het ‘n aard skudding van ongeveer 15/20 sek ondervind met met ligte trillings daar na dit was erg

Janet ·

Ha, ha, waarvandaan sal iemand wat onder invloed van alkohol verkeer die insig kry dat hy/sy moet wag tot hy/sy nugter is voordat hy/sy argumente kan uitstryk?

Robert stoltz ·

Moet hulle asseblief nie verhoed om partytjies te hou nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.