Vrou vas oor ‘moordkomplot’

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Kaapstadse vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn huurmoordenaar betaal het om haar 67-jarige man te vermoor, het Maandag in die Wynberg-landdroshof om borgtog aansoek gedoen.

Petina Coetzee (44) word daarvan beskuldig dat sy ʼn huurmoordenaar gevra het om haar man van die afgelope nege jaar, Austin Coetzee, te vermoor. Die polisie is egter van die beweerde plan in kennis gestel voordat dit uitgevoer kon word.

Petina is Dinsdag by die Landsdowne-treinstasie in hegtenis geneem kort voordat sy na bewering ʼn onbekende bedrag kontant aan die huurmoordenaar sou oorhandig. Sy is Maandag op borgtog van R30 000 onder streng voorwaardes vrygelaat.

Die hof het onder meer beveel dat Petina haar paspoort aan die ondersoekbeampte moes oorhandig, dat sy daagliks by die Elsiesrivier-polisiestasie moet aanmeld, dat sy nie die Wes-Kaap sonder skriftelike toestemming mag verlaat nie en dat sy nie met enige staatsgetuies kontak mag maak nie.

Volgens berigte het Petina drie kinders, waaronder ʼn driejarige seun saam met Austin. Sy moet op 2 Desember 2016 weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tant Koba ·

Die duiwel is los in hierdie land. Slaap maar met een oog oop mense.

Scalla ·

Die ouderdomsverskil spreek boekdele, sy is en was net agter geld aan. hoop sy boet vir haar dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.