Vrou vas oor polisiebeampte se moord

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 27-jarige vrou sal na verwagting Vrydag in die Melmoth-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met haar beweerde betrokkenheid in die moord op Phiwayinkosi Magwaza, ʼn 59-jarige adjudant-offisier in die polisie.

“Magwaza was werksaam by die plaaslike polisiestasie,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is in die vroeë oggendure op 27 Augustus 2020 by kwaMagwaza Reserve doodgeskiet toe onbekende persone hom in sy huis oorval het. Hy het gelê en slaap toe die persone hom aangeval het. Sy dienspistool is ook gesteel.

Lede van die Valke van Richardsbaai is na die toneel ontbied en het met hul ondersoek begin. “Die oorledene se vrou is Woensdagaand in hegtenis geneem. Die motief van die moord is nog nie bekend nie.”

Mhlongo het gesê die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium om die vrou se vermeende medepligtiges aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.