Vrou vas oor polisieman se moord

(Foto: SA Polisie)

Nonkululeko Ngwabe (44) het vlugtig in die Port Shepstone-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met haar beweerde rol in die moord op ʼn polisiebeampte.

Ao Thulani Ngwabe (51), van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, was in Margate gestasioneer. Sy liggaam is op 3 November vanjaar op die spoorlyn naby Port Shepstone se strand gevind. Hy het verskeie meswonde opgedoen.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê ʼn ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van Thulani se vrou, Nonkululeko. Sy is Dinsdag in hegtenis geneem.

Sy moet op 19 Desember weer in die hof verskyn.

“Nog inhegtenisnemings kan moontlik volg,” het Mhlongo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.