Vrou vas oor skoonma se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 67-jarige vrou van KwaZulu-Natal se skoondogter en twee ander verdagtes is Maandag in verband met haar moord in hegtenis geneem.

“Die Intsikeni-polisie het onverpoosd gewerk om die verdagtes aan te keer nadat Alice Ntombencane Dlamini se liggaam op 28 Mei in haar slaapkamer in Umzimkhulu gevind is,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die drie verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is die oorledene se skoondogter.”

Dlamini is aangerand en met ʼn elektriese kabel verwurg. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

“Die verdagtes sal binnekort in die Umzimkhulu-landdroshof verskyn,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.