Vrou vas oor sy glo man wou laat vermoor

handcuffs‘n 49-jarige vrou is in Johannesburg in hegtenis geneem vir sameswering tot moord nadat sy glo haar man wou laat vermoor.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die vrou het glo Saterdag ‘n tradisionele geneser besoek en vir medisyne gevra om haar man mee te vermoor.

“Die tradisionele geneser kon haar nie help nie. Sy het toe glo die geneser gevra om mense te kry wat haar man sal vermoor en dat sy hulle R20 000 sal betaal.”

Mbele sê die tradisionele geneser het aan die vrou gesê hy sal haar help. Hy het die polisie in kennis gestel van die vrou se voorneme.

Die vrou het later weer met die tradisionele geneser sowel as twee mans ontmoet. Die mans was polisiebeamptes wat hulle as huurmoordenaars voorgedoen het.

Die vrou het glo vir die polisiebeamptes R4 000 in kontant gegee en beloof om die volgende dag die uitstaande bedrag te betaal.

Sy het glo haar man geskakel en vir hom gesê om na die hoek van President- en Ntemi Pilisostraat te gaan. Sy het hom daar gekry en na die tradisionele geneser se kantore gevat waar die polisie haar in hegtenis geneem het.

Mbele sê dit is nog nie duidelik hoekom die vrou glo haar man wou laat vermoor nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hester ·

Dit sal baie interessant wees om te weet hoekom sy so graag haar man wou laat vermoor??
Sy was seker baie kwaad vir hom!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.