Vrou vas oor tik op lughawe

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 34-jarige vrou is by die Kaapstad Internasionale-lughawe in hegtenis geneem.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy van die OR Tambo-lughawe na Kaapstad gevlieg het.

“Polisiebeamptes het lukraak passasiers en hul bagasie deursoek waarna hulle op 5kg tik afgekom het in die vrou se bagasie. Die tik was tussen klere versteek.”

Volgens Rwexana is die straatwaarde van die dwelms sowat R1,1 miljoen. Die vrou is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklagte wat met dwelmhandel verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Veritas ·

Ja-nee TIK haar met die wet. ‘n Paar TIKKE op die agterstewe kan dalk help. Sy moes ook maar GETIK gewees het om te dink dat sy nie gevang gaan word nie.

Esmay ·

Sy moes al voorheen daarmee weggekom het want ek sou eerder per motor gery het tot in Kaap!!!

Koos ·

Ek stem swaar straf is al wat gepas is vir dwelms verwante oortredings.

Johan Esterhuizen ·

Hulle moet haar en mee lopers weg sluit want dit is erger as moord

Absoluut ·

Jy is 100% reg dit verwoes meer lewens en gesinslede rondom hulle! Tyd dat polisie honde terugkom op n daaglikse basis in vertrek & aankoms sale.

Esmay ·

As jy wil dink soos n krimineel, hoekom het sy nie per motor gereis???

Santjie stoof ·

Nou vra ek jou…
Vanaf OR Tambo??? En daar was dit nie agtergekom/opgespoor/uitgesnuffel nie???
Mis ek iets of is sy dalk lid van die Zzz-clan of is dit net growwe nalatigheid?

Lida ·

Santjie wil ek ook mos weet. Hoe het sy uitgevlieg by OR Tambo.

Theresa ·

Welgedaan met die uitvang van die uitvaagsel. Dwelmhandel is ‘n vieslike besigheid en swakkelinge maak maklik so geld in plaas van om regtig te werk. Miljoene lewens word deur hierdie aktiwiteite afgebreek tot niks. Bly sy’s gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.